Karin, ongeredigeerd

Die afgelope paar dae is ek heeltemal lukraak en uit die bloute deur verskeie individue, wat mekaar van geen kant af ken nie, uitgevra oor Drewan Baird aka Nathan Bond aka Koning Dawid; die rede vir die begin van my blok.

Een wou weet of ek ooit weer van hom gehoor het; ‘n ander wou weet of ek hom nog gaan laat opskroef en wanneer; en ‘n ander wou net gesels en het my vertel van sy eie ondervinding met die bliksemse swendelaar; nóg ‘n lang en siek verhaal wat my geskok het, maar beslis nie verbaas het nie.

Dis nogal vreemd om weer aan hom te dink en te dink oor hoe dom ek was. Ek het vannaand weer my eie storie gaan lees, vir die eerste keer in ‘n lang tyd. Ek kan amper nie glo dat dit ék was wat dit alles beleef het nie. Dit voel asof ek van ‘n dom-onnoselle, blinde en breinlose vreemdeling lees.

Maar ek voel nie meer daaroor nie. Ek voel niks. Geen woede nie. Geen skaamte nie. Geen selfbejammering nie. Geen bitterheid nie. Niks. Nada.

En dit is goed.

‘n Vriend het my gedurig tydens my donkerste tyd herinner aan ‘n Engelse spreekwoord wat vertel dat mens nooit moet aksie neem wanneer emosie betrokke is nie. Emosie belemmer ‘n mens se oordeel. Revenge is best served cold.

Tydens my emosiebelaaide herstel het ek gereeld moordgedagtes gekoester en het ook twee aanbiedinge gehad van vriende wat bereid was om die man die tydelike met die ewige te laat verwissel.

Nou dat ek onobjektief daaroor dink, meen ek dit is nog steeds ‘n goeie idee. Want hy het nie opgehou nie. Hy is steeds besig om mense om elke hoek en draai te bevark en te vernietig. Hy skryf elke dag lustig voort op sy eie blok en sleur nuwe slagoffers mee met sy meesterlike manipulasie vermoë.

Na meer navorsing en inligting wat ek onlangs oor sy persoonlike verlede bekom het, het ek nou tot die slotsom gekom dat hy nie rehabiliteerbaar is nie. Dat hy ‘n gevoellose psigopaat is wat mense en instansies gebruik en manipuleer tot sy eie voordeel. Hy het geen berou nie. Hy het geen gewete nie.

Hy het nie die reg om so voort te gaan nie. Hy moet kry wat hom toekom.

Daar is heeltemal te veel mense wat deur hom vernietig en/of verneder is maar die wet is ongelukkig nie altyd aan die lydende party se kant nie.

En, wat baie mense vergeet: Hy is so slim soos die houtjie van die galg. Hoekom anders sou so baie mense – slim en belangrike mense – hulle vasgeloop het met hom?

Hoe hierdie storie gaan eindig weet ek nie – maar ek weet nie of ek nog lus is daarvoor nie. Dit het lank genoeg my lewe regeer. Hy kan maar my geld hou. Die les wat ek geleer het was seker R52 000 werd…

Comments on: "Dis al amper ‘n jaar later…" (18)

  1. Karin, ek dink jy doen die regte ding. Help om die man te ontmasker. Nie om wraak te nem nie, maar om te keer dat hy nog ander onskuldige mense verneuk.

  2. Wow Karin….die tipe mense moet ontmasker word, stop hom…. na ‘n ondervinding wat ons gehad het, glo ek ook mens moet sekere mense ontmasker, party mense is gevoelloos en soos jy sê, het geen gewete nie, hulle laat lyke agter!

  3. Doen dit wat jou tot rus sal laat kom… Dis altyd net jou besluit. ((((Karin))))

  4. netjane said:

    Hoe ek tot dusver hierdie blog gemis het is vir my onduidelik! Baie lekker aan alles gelees (as mens lekker aan iemand se pyn kan lees?). Sal weer kom inloer!

  5. Mens weet eers jy is genees as jy niks meer voel nie en ek dink jy is nou daar. Ontmasker hom, maar moenie aanhou wraakgedagtes koester nie, want uiteindelik gaan dit jou opvreet.

    Ek dink jy het gewys jy is baie sterk en kan enige terugslag te bowe kom. Sterkte verder vorentoe!

  6. Sir Francis Bacon het gese:

    „In taking revenge, a man is but even with his enemy; but in passing it over, he is superior″

    Ek weet dit klink maklik, maar dink daaroor…is jy nie NOU ‘n beter mens nie?

    Mens leer lesse wat jy moet, as daar ander is wat dit moet leer…laat dit gebeur.

    Sulke mense het ‘n tendensie om hulself te ontmasker vir wat hulle is, al vat dit tyd.

    Maar…doen wat jou beter sal laat voel en sterkte :o)

  7. flouduh goo goo

  8. het jy enige sprokies wat j kan deel? asb!

  9. Ek is ook deur Drewan ingeloop. Sy vrou Michelle lieg en bedrieg net so hard saam.Daar is geen salf aan hulle te smeer nie-gaan kyk gerus na hofstukke wat hom verwys het vir sielkundige(pastorale)behandeling. Psigopate voel vere!!!

  10. Gertruida van Niekerk said:

    Twee vrae:

    1. Karen, Drewan Baird / Nathan Bond / The Barron bedryf nou ‘n blog by oudtshoornonline.wordpress.com met ‘n paar sakemanne, van hulle nogal vooraanstaande manne, wat aan sy lippe hang.

    2. Hannes, waar kan ‘n mens insae kry in die hofstukke waarna jy verwys.

    Gertruida

  11. Ek sukkel om die kloutjie by die oor te bring. As jy so n waterdigte waak teen die beweerde swendelaar het hoekom maak jou prokureur nie afspraak met hom in die hof nie. Jy beweer dat hy nog steeds besig is om mense agter elke hoek te verneuk. As jy soveel bewyse uit jou navorsing het wat stop jou om die saak op die rol te plaas. Die mees skokkende opmerking van jou is dat die wet in eie hande geneem mag word. Jy maak jou eerder oop vir laster deur hierdie emosionele onverantwoordelike uitsprake. So terloops , toe jy jou liefling ontdek het ,het jy geweet dat hy n getroude persoon is . Sou jy ook kon beweer dat jy geen seksuele voorstelle aan ander mans gemaak het gedurende die tydperk wat jy innig verlief was op die beweerde swendelaar .

    • Beste “Linda”,

      1. Ek het nie ‘n prokureur nie.
      2. Ek is te lui, besig, gee nie genoeg om nie.
      3. Ek het genoeg bewyse teen hom om my van laster te vrywaar.
      4. Volgens hom was hy in die proses om te skei en het hy by sy ouers gewoon.
      5. Voor en na die tyd, vreeslik baie – tydens, geen.

      Groete
      Karin.

  12. Hanna van Heerden said:

    Nathan alias Baron alias DB ,het hom bekeer en hy en Nico Ungerer wat gereeld op OO in HOOFLETTERS SAAMPRAAT doen evangelisasie.

    Ek wonder of die heer Nico weet van sy Baron se grappies.

  13. My writing afrikaans is not very good, but i know these people, Drewan and Michele. My ex and i stayed with them for a time, he was making my ex do some strange things like pretending to be beaten up over the phone etc etc

    They cannot get away with this, where are they and have they been charged?

  14. Drewan Baird het nou n politieke baadjie aangetrek hier in oudtshoorn by ons. Al die opposisie lede hang aan sy lippe en vooraanstaande besigheidsmense soos Nic Barrow vreet uit die ding se hand uit.

  15. Gazi, die is ook sy online blad.

  16. IS die aanstelling van Drewan Baird, hoogs betaalde konsultant van raads­heer Gordon April en die Oudtshoorn Munisipaliteit, geregverdig of nie, om nie eens te praat van die wettigheid van sy aanstelling nie?
    As na Baird se beskrywing van homself op DBC (Drewan Baird Com­munications) gekyk word, wil dit voorkom of hy wel die agtergrond het om ’n positiewe bydrae te kan le­wer. As die beskrywing egter onwaar of selfs net misleidend is, kom dit daarop neer dat Baird ’n bedrieër en swendelaar is en blyk dit dat die oordeel van die mense wat hom by die munisipa­li­teit aangestel het, hulle in die steek gelaat het.
    Baird, wat ’n veroordeelde be­drieër is, skryf by boldcom.wordpress.com onder meer die volgende oor homself: “In a career spanning three decades, I have engaged… The United Nations, The Bill & Melinda Gates Foundation, The Henry J Kaiser Foundation, The Ford Foundation, The J Paul Getty Foundation, HBD (Here be Dragons), Population Services International. PayBills: ABSA, PwC, KPMG, Deloitte, SAB. Dimension Data: SARS, Gensec, Old Mutual, Sanlam. BMS: Multi-Data, Old Mutual. Q-Data Consulting: Sanlam e-Biz, Old Mutual.
    “The Independent Communications Authority of South Africa (ICASA). The Centre for Innovation & Entrepreneurship at the UCT GSB.
    “I advise several political and business leaders, anonymous by instruction.
    “I have presented investment options to every South African Arms Procurement Program Participant in the South African Department of Trade & Industry’s National Industrial Participation (NIP) Program.”
    By navraag per selfoon oor bogemelde inligting het Baird gesê hy is nie bereid om daar­oor te praat nie en het hy die selfoon in die skrywer van hier­die berig se oor neergeplak.
    Die Hoorn wil graag verneem of Baird beskik oor enige skriftelike bewyse (soos getuigskrifte of dienssertifikate) of name van verwysings wat opgevolg kan word dat hy in sy loopbaan van drie dekades aan die ge-melde organisasies verbonde was.
    Dit sal ook insiggewend wees om te verneem op welke manier hy by die organisasies betrokke was. Die Hoorn het hierdie volledige berig aan Baird voorgelê. Hy het glad nie gereageer nie, en nie eens gesê dat hy nie gaan reageer nie ondanks die feit dat hy pertinent gevra is om te laat weet of hy gaan reageer of nie.
    Die eerste keer dat Die Hoorn met Baird te doene gekry het, was met die mislukte pogings om Suid-Kaap Ste­reo te red. Daarna was hy grotendeels werkloos totdat hy sy blog Oudts­hoorn Online begin bedryf het. Oor die jare het hy op die blog baie vy­ande gemaak met sy geniepsige aanvalle op veral politici. Daar is ook onder meer verskeie sakemanne met wie Baird noue bande gehad het, wel­ke bande ernstig versuur het nadat hul­le hul nut vir hom verloor het.
    Baird se bande met Hardy Mills, die prokureur van die munisipaliteit, het ook intussen versuur.
    Mills het in ’n onlangse e-pos aan Die Hoorn geskryf dat sy betrok-kendheid met Baird beperk is tot sy (Mills se) destydse aanbeveling dat munisipaliteite van Oudtshoorn en Kannaland die moontlikheid moet oorweeg om van Baird se dienste gebruik te maak. “Verder het ek niks met hom en/of sy blog Oudtshoorn Online te make nie, en nog minder met sy verhouding as konsultant en adviseur.
    “Hiermee wens ek myself formeel en SKRIFTELIK geheel en al te distansieer van Drewan Baird sowel as sy blog O!O,” lui Mills se e-pos.
    Baird was met die vorige algeme-ne munisipale verkiesing in die DA-kamp waar hy mee­gewerk het teen die ANC en op uiters beledigende wyse die ANC aangeval het. Hy was in 2012 ook betrokke by die besluit om Noël Pietersen, ’n voormalige munisipale bestuurder van Oudts-hoorn, te vervolg. Met die ver­kie­sing in Mei was hy in die ANC-kamp en het hy die DA op uiters beledigende wy­se aangeval. (As na die uitslag van die verkiesing in die Groter Oudts­hoorn gekyk word, het die ANC-koa­lisie nie by Baird se betrokkenheid gebaat nie aangesien die DA se steun plaaslik in die jongste verkiesing heelwat meer as die ANC se steun toegeneem het.
    Een van die mense wat in die verlede die kwaaiste onder Baird se gifpen deurgeloop het, is raadslid Gor­don April. Hy het April onder meer ’n “standerd 4-klong” genoem waarvoor hy April kragtens ’n bevel van die Gelykheidshof om versko­ning moes vra. Vreemd genoeg werk hy die afgelope sowat 12 maande vir April as hoogsbetaalde konsultant en het Baird op sy blog omgeswaai van die grootste kritikus van April na sy grootste beeldpoetser.
    Tydens die bedryf van sy blog totdat hy as konsultant deur die munisipaliteit aangestel is, het dit klaar­- blyklik nie finansieel goed met Baird gegaan nie, en is dit bekend dat hy wyd en syd geld geleen het sonder om dit terug te betaal. Die Hoorn het by van die mense aan wie hy geld ge­skuld het, verneem dat hy sy skuld by hulle vereffen het nadat hy op die munisipaliteit se soustrein geklim het. Hy of die munisipaliteit het tot vandag nie ont­ken dat Baird al heelwat meer as R1miljoen se belastingbetalersgeld ontvang het vir sy “dienste” nie. Die munisipaliteit het ook tot vandag toe nog nie navrae oor wat Baird ten bate van belastingsbetalers gedoen het om so baie geld te verdien, beantwoord nie.
    By navraag het raadslid Chris Mac­pherson van die DA gesê Baird se aanstelling by die Oudtshoorn Munisipaliteit is onwettig aangesien hy slegs deur die munisipale bestuurder aangestel mag word as sy naam op die personeel­organogram van die mu­nisipaliteit verskyn, “wat nie die geval is nie”. As April vir Baird as sy persoonlike adviseur aangestel het, moet April hom vergoed.
    • Die rede waarom Die Hoorn dit nodig geag het om hierdie berig te plaas, is omdat Baird ’n belang daar­by het om verdeeldheid te saai aangesien hy dit tot sy eie finansiële voor­deel probeer doen. Hy was egter klaarblyklik die afgelope tien jaar of meer nie baie suksesvol daarmee nie totdat hy verlede jaar by die plaaslike munisipaliteit as ’t ware met sy agterent in die botter geval het. Sedertdien lei hy onder andere vir April aan die neus rond en verdien hy groot geld.

Lewer kommentaar