Karin, ongeredigeerd

Archive for the ‘Eendag lank, lank gelede…’ Category

Dis al amper ‘n jaar later…

Die afgelope paar dae is ek heeltemal lukraak en uit die bloute deur verskeie individue, wat mekaar van geen kant af ken nie, uitgevra oor Drewan Baird aka Nathan Bond aka Koning Dawid; die rede vir die begin van my blok. Een wou weet of ek ooit weer van hom gehoor het; ‘n ander wou [...]

My ridders begin hul perde bestyg…

Ek het so ‘n paar maande gelede my blog begin met één doel voor oë, om my kop en hart leeg te kry; en ook om in die proses te probeer herstel. Ek het hart verloor op ‘n man wat my op meer as een manier misbruik het. Die verhaal het ek in die vorm [...]

Die Storie – Slot

My storie het nog nie ‘n slot nie, maar hier is waar hy nou gaan stilstaan het…Die koning se saak word tans van alle rigtings ondersoek deur almal wat hy skade berokken het. Baie vrae word gevra. Antwoorde is daar steeds nie. Ek self het regshulp ingeroep en is in die proses om ‘n kriminele [...]

Die Storie – Hoofstuk 9

Koningin K het mettertyd besef sy klou vas aan iets wat sy reeds verloor het; iets wat sy nooit gehad het nie. Sy het stadig tot die besef gekom dat haar verhouding met Koning D heeltemal eensydig was. In praktyk het alles van haar kant af gekom, niks van syne nie. Al wat hy ooit vir haar [...]

Die Storie – Hoofstuk 8

In die tyd van die rok en die laaste geld, moes Koning D inderhaas vertrek na sy land in die Ooste waar daar met Koppe in die Sand gestaan word. Hy moes dringende reelings gaan tref vir ‘n verwelkomingskommitee om die langverwagte skip in die hawe te ontmoet. Die opgewondenheid waarmee hy haar elke dag [...]

Die Storie – Hoofstuk 7

Daar was nog krake in Koningin K se bril. Die liefdeslagie oor die krake het haar egter steeds heeltemal verblind.Die vierde kraak het gegaan oor niks. Koning D het feitlik niks saamgebring toe hy by haar kom bly het nie. Net ’n bietjie klere, twee paar skoene, ‘n blou tandeborsel, sy flashdrive en sy twee selfone. Hy [...]

Die Storie – Hoofstuk 6

Koningin K was gelukkig, maar steurende klein krakies het in haar donker rooskleuriggetinte liefdesbril verskyn. Die eerste krakie was finansieel van aard. Koning D het feitlik daagliks ‘n asemrowende en uitmuntende verhaal vertel van sy fabelagtige skatkis wat van baie ver oor die see, van die land van die regte Queen na hom oppad was per skip. [...]

Die Storie – Hoofstuk 5

Koningin K was vir die eerste keer in haar lewe vry. En vir die eerste keer in haar lewe heeltemal alleen oppad iewers heen. Sy was bang. Maar sy het geweet dit is alles die moeite werd. Die pad was lank, maar mooi. Haar nuwe koning het haar elke uur of wat gebel om seker [...]

Die Storie – Hoofstuk 4

Terug by hul onderskeie huise het die selfone, landlyne en internet behoorlik gegons en deurgeloop onder Koningin K en Koning D se vrybriefies, liefdesverklarings en toekomsplanne. Koning H was erg jaloers. Hy wou ook ‘n koning he, maar het nie geweet waar om te begin soek na ene nie. Die wyse Koningin K het dit [...]

Die Storie – Hoofstuk 3

Koningin K het onmiddelik vir Koning D gebel en hom die vreemde nuus gegee. Skielik was daar niks wat in hulle pad gestaan het nie en hulle het begin beplan aan hul eerste ontmoeting. Sy sou van haar groen land by die see afvlieg na die land van Die Berg en baie wyn; en hy sou [...]

Die Storie – Hoofstuk 2

Koningin K het die moed bymekaar geskraap en vir Koning H vertel dat sy iemand anders liefgekry het en dat sy wil skei. Hy was baie geskok, maar het haar dadelik vertel hoe bly en dankbaar hy was dat dit gebeur het. Sy het nie so ‘n vreemde en ongewone reaksie van hom verwag nie [...]

Die storie – Hoofstuk 1

Hoofkarakters: Die prinses (word later Koningin K) Die prins (word later Koning H) Die prinsessie (nageslag van K&H) Koning D (word later die draak) Die Beskermengel (word later Engel van die Dood)  Lank lank gelede, in ‘n mooi groen land by die see was daar ‘n pragtige pedagoog-prinses wat haar hart verloor het op ‘n [...]

Ek het ‘n storie…

Ek het ‘n storie, ‘n ware verhaal, maar ek weet nie hoe om dit te vertel nie. Ek, en ‘n klomp ander mense, is op meer as een manier ingedoen deur ‘n man wat onder die naam Nathan E Bond skryf, maar op wie se ID-dokument, die naam Drewan Dwight Baird verskyn. Ek weet nie regtig [...]

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.