My naam is Karin.
Ek het seergekry en ek wil herstel. Die seer het ek meestal self veroorsaak deur verkeerde besluite te neem.
Ek is dmv my blog op ‘n ontdekkingsreis en soektog na heling.
Ek soek myself en is stadig maar seker besig om te vind. Alles wat ek vind is nie mooi nie. Dit is seer om myself in die spieel van my woorde te sien. Ek het baie foute gemaak.
Ek het nog nie ‘n ware of volledige beeld van wie ek werklik is en waarheen ek oppad is nie, maar die verhoog se gordyn is stadig maar seker besig om te lig.
Die vlinders op my maag verseker my dat die finale show ‘n reuse sukses sal wees.
————————————————————————
Ek glo nog altyd in die wyse woorde “Wie soek, sal vind”.
So, watch my. Ek sal in elke laai grou, onder die beddens loer en in die kaste krap; en wanneer niemand vir my kyk nie, ook die potte se deksels oplig en gou-gou loer wat kook.
Dalk vind ek myself in die proses.



lekker om jou raak te lees. jy’s op my feedlist; ek sien uit na alles wat jy kwytraak.
probeer egter om nie te veralgemeen nie
By: Johan Swarts on September 19, 2007
at 5:40 nm
Hey Johan!
Ja OK, ek sal probeer… maar ekke belowe niks… ‘-)
By: Karin on September 19, 2007
at 8:42 nm
Karin , as ek jou storie so lees , ook op KK , dan moet ek jou se sterkte !!!! . Het self so n paar jaar gelede gegraaf , dis die moeite werd.
By: Theunis on Oktober 1, 2007
at 5:01 nm
Ek myself is nou vir 3jaar op my eie en ek was so bang. Maar ek glo die Here het dit so bestem sodat ek genoeg tyd kan hê om myself en Hom te vind. Hou ook nie van als wat ek ontdek het omtrent myself nie, maar ek kan daaraan werk solank sodat wanneer ek die “regte een” ontmoet kan ek weer volkome vertrou en liefhê soos wat dit ‘n vrou betaam. Sterkte girl.
By: hexi on Oktober 4, 2007
at 9:14 vm
Karin – ek sien jy skryf jou gevoelens op papier en dit is deel van die helingsproses. Neem deel aan http://www.woes.co.za en skryf dit wat jy voel daar neer. Dit is ‘n totaal ander forum as KK en ek geniet dit. Dit is opbouend. Ek skryf onder die naam Bart – dis humor wat ek in my lewe verwoord, maar die gehoor is anders en ek dink jy sal dit geniet.
Groete : Rico Kruger (Bart)
By: Rico Kruger on Oktober 10, 2007
at 9:10 nm
Thanx Rico. Ek sal gaan kyk!
K ‘-)
By: Karin on Oktober 10, 2007
at 9:57 nm
Sterkte! Beslis die moeite werd… mag dit wat nog agter die gordyn skuil, jou beste verwagtinge oortref.
By: Hugo on Oktober 21, 2007
at 2:22 nm
Hi my ou maatjie
Hier kry ek toe die hele prentjie wat ek so lank al wonder oor. Ek mis jou so baie en wens jy was hier in Gauteng al weet ek dit is baie mooier in die Kaap.
Jou skool maatjie – Ronnie……
Lief vir jou.
By: Ronel on Oktober 25, 2007
at 12:33 nm
Griffels???????????!!!!!!!!!!!!!!
Is jy dit? My fok! Waar van jy uit. Ek het jou gesoek, maar nie eers geweet waar om te begin kyk nie. Ek het jou op Facebook gepoke, maar jou profile het leeg en dood gelyk???
E-pos my by: komsoenmy@gmail.com
Liefde
Karin ‘-)
By: Karin on Oktober 25, 2007
at 6:48 nm
Nice blog!
Aanhouer wen!!
Sterkte vir T met eksamen
praat later
By: Riaan on Oktober 26, 2007
at 1:03 nm
Nice blog! Sterkte!
Liefies
By: Tersia on Oktober 31, 2007
at 12:11 nm
En so pas is ek ook bly ek het jou ‘raakgelees’!!!!!
I like!!!!!
By: platterfuss on November 5, 2007
at 1:11 nm
Karin, jy moet sterk wees en hou net aan om in daai woorde te glo van ….. “Wie soek, sal vind”.
…. kyk nou net wie het jy hier raakgeloop!!!
By: Basil on November 11, 2007
at 3:37 nm
het jou raakgelees op kkerk en wil se jy het soveel kreatiwiteit wat jy moet uitleef dat jy nie moet terugkyk na die seer van die verlede nie .Dis verby soos n slegte pad .Kyk voorentoe en enjoy life.
By: awielouw on December 18, 2007
at 3:41 nm
oulike blog…jammer jy is so ‘kwaai’…almal is nie dose nie…daar is baie goeie mensies daarbuite!
ek gaan beslis weer kom inloer!
p
By: Platkuif on Januarie 3, 2008
at 1:03 nm
Mooi blog. Mal oor jou header/banner…jy weet, die poplap en die geel roos. Baie vroulik.
By: Roer on Januarie 5, 2008
at 1:41 nm
Dankie Roer,
Ek voel tans egter so ‘n bietjie donker; en die happy Poppie tussen die blommetjies beskryf beslis nie my gemoedstoestand nie.
Maar wie weet, dalk verander ek weer my blok se voorkoms met verloop van tyd.
K
By: Karin on Januarie 5, 2008
at 2:41 nm
Hmmm. Ek sien jou blog is sommer heel oorgedoen. Lekker skoon en vars, soos ‘n Kaapse wind. Ek hou daarvan.
By: kyker on Januarie 20, 2008
at 6:13 nm
Hallo
Eerste keer wat ek hier land.
Sonder om clicherig te klink, daar’s natuurlik niks wat só help om jouself te vind, as om by Jou Maker ook te gaan loer nie; nie Sy maaksels nie, Hy self!
Ek het, so 30 jaar gelede, “and I’ve never looked back again”. My kop raas nog baie, maar heeltemaal anders!
By: ekke on Mei 1, 2009
at 5:39 vm
Hallo
Wil jy nie vir my ‘n comment gaan los op hierdie inskrywing nie asb. Ek is besig met… “wel effense navorsing”.
Dankie
http://ekkedink.wordpress.com/2009/05/12/bloggerol-of-nie-moet-werkgewer-blogs-stop/
By: ekkedink on Mei 15, 2009
at 9:14 vm