Posted by: Karin | September 26, 2009

Fin

Ek weet nie hoeveel van julle is oud genoeg om die witlynmannetjie op die blou agtergrond te onthou nie. Hy het so ‘n snaakse taal gepraat en wanneer sy storietjie verby was, het daar FIN op die skerm verskyn.

Hierdie is my FIN.

Die storie wat ek hier geskryf het, is klaar. Hier het ek my hart leeggepraat en leeggehuil. Dit was nodig.

Ek het niks meer daaroor te se nie. Ek het ‘n nuwe lewe begin en ek is gelukkig.

Van nou af wil ek net vorentoe kyk.

fin

Al wat ek uit my verlede met my gaan saamneem, is die lesse wat ek geleer het.

Ek het geleer dat daar skelm en wrede mense tussen ons rondloop. Ek het ook geleer dat jou hulp uit die vreemdste oorde kom. Ek het geleer van die waarde van vriendskap.

En die grootste les van almal? Ek het die ware betekenis van liefde leer ken.

K


Responses

  1. Alles wat mooi is vorentoe, Karin. Elke keer as ek daar in Vishoek / Simonstad se omgewing rondry, dan dink ek aan jou en het ek gewonder of jy happy is. Nou weet ek :-)

  2. Jammer om jou te sien gaan. Alle sterkte vir jou!

  3. So long! Maar die einde is dit nie.

    Wie weet, dalk is daar nog ‘n ander blog wat wag om gebore te word. ;)


Leave a response

Your response:

Kategorië