Die afgelope paar dae is ek heeltemal lukraak en uit die bloute deur verskeie individue, wat mekaar van geen kant af ken nie, uitgevra oor Drewan Baird aka Nathan Bond aka Koning Dawid; die rede vir die begin van my blok.
Een wou weet of ek ooit weer van hom gehoor het; ‘n ander wou weet of ek hom nog gaan laat opskroef en wanneer; en ‘n ander wou net gesels en het my vertel van sy eie ondervinding met die bliksemse swendelaar; nóg ‘n lang en siek verhaal wat my geskok het, maar beslis nie verbaas het nie.
Dis nogal vreemd om weer aan hom te dink en te dink oor hoe dom ek was. Ek het vannaand weer my eie storie gaan lees, vir die eerste keer in ‘n lang tyd. Ek kan amper nie glo dat dit ék was wat dit alles beleef het nie. Dit voel asof ek van ‘n dom-onnoselle, blinde en breinlose vreemdeling lees.
Maar ek voel nie meer daaroor nie. Ek voel niks. Geen woede nie. Geen skaamte nie. Geen selfbejammering nie. Geen bitterheid nie. Niks. Nada.
En dit is goed.
‘n Vriend het my gedurig tydens my donkerste tyd herinner aan ‘n Engelse spreekwoord wat vertel dat mens nooit moet aksie neem wanneer emosie betrokke is nie. Emosie belemmer ‘n mens se oordeel. Revenge is best served cold.
Tydens my emosiebelaaide herstel het ek gereeld moordgedagtes gekoester en het ook twee aanbiedinge gehad van vriende wat bereid was om die man die tydelike met die ewige te laat verwissel.
Nou dat ek onobjektief daaroor dink, meen ek dit is nog steeds ‘n goeie idee. Want hy het nie opgehou nie. Hy is steeds besig om mense om elke hoek en draai te bevark en te vernietig. Hy skryf elke dag lustig voort op sy eie blok en sleur nuwe slagoffers mee met sy meesterlike manipulasie vermoë.
Na meer navorsing en inligting wat ek onlangs oor sy persoonlike verlede bekom het, het ek nou tot die slotsom gekom dat hy nie rehabiliteerbaar is nie. Dat hy ‘n gevoellose psigopaat is wat mense en instansies gebruik en manipuleer tot sy eie voordeel. Hy het geen berou nie. Hy het geen gewete nie.
Hy het nie die reg om so voort te gaan nie. Hy moet kry wat hom toekom.
Daar is heeltemal te veel mense wat deur hom vernietig en/of verneder is maar die wet is ongelukkig nie altyd aan die lydende party se kant nie.
En, wat baie mense vergeet: Hy is so slim soos die houtjie van die galg. Hoekom anders sou so baie mense – slim en belangrike mense – hulle vasgeloop het met hom?
Hoe hierdie storie gaan eindig weet ek nie – maar ek weet nie of ek nog lus is daarvoor nie. Dit het lank genoeg my lewe regeer. Hy kan maar my geld hou. Die les wat ek geleer het was seker R52 000 werd…




Karin, ek dink jy doen die regte ding. Help om die man te ontmasker. Nie om wraak te nem nie, maar om te keer dat hy nog ander onskuldige mense verneuk.
By: kyker on Mei 7, 2008
at 4:54 vm
Wow Karin….die tipe mense moet ontmasker word, stop hom…. na ‘n ondervinding wat ons gehad het, glo ek ook mens moet sekere mense ontmasker, party mense is gevoelloos en soos jy sê, het geen gewete nie, hulle laat lyke agter!
By: Wipneus! on Mei 7, 2008
at 12:29 nm
Doen dit wat jou tot rus sal laat kom… Dis altyd net jou besluit. ((((Karin))))
By: Pikkelik on Mei 7, 2008
at 3:20 nm
Hoe ek tot dusver hierdie blog gemis het is vir my onduidelik! Baie lekker aan alles gelees (as mens lekker aan iemand se pyn kan lees?). Sal weer kom inloer!
By: netjane on Mei 7, 2008
at 3:23 nm
Mens weet eers jy is genees as jy niks meer voel nie en ek dink jy is nou daar. Ontmasker hom, maar moenie aanhou wraakgedagtes koester nie, want uiteindelik gaan dit jou opvreet.
Ek dink jy het gewys jy is baie sterk en kan enige terugslag te bowe kom. Sterkte verder vorentoe!
By: sonkind on Mei 7, 2008
at 7:47 nm
Sir Francis Bacon het gese:
„In taking revenge, a man is but even with his enemy; but in passing it over, he is superior″
Ek weet dit klink maklik, maar dink daaroor…is jy nie NOU ‘n beter mens nie?
Mens leer lesse wat jy moet, as daar ander is wat dit moet leer…laat dit gebeur.
Sulke mense het ‘n tendensie om hulself te ontmasker vir wat hulle is, al vat dit tyd.
Maar…doen wat jou beter sal laat voel en sterkte
)
By: CheekyBum on Mei 12, 2008
at 8:27 vm
flouduh goo goo
By: Anoniem on Julie 23, 2008
at 7:37 vm
het jy enige sprokies wat j kan deel? asb!
By: URGENT! on Julie 23, 2008
at 7:39 vm
Ek is ook deur Drewan ingeloop. Sy vrou Michelle lieg en bedrieg net so hard saam.Daar is geen salf aan hulle te smeer nie-gaan kyk gerus na hofstukke wat hom verwys het vir sielkundige(pastorale)behandeling. Psigopate voel vere!!!
By: Hannes on September 5, 2008
at 3:19 nm
Twee vrae:
1. Karen, Drewan Baird / Nathan Bond / The Barron bedryf nou ‘n blog by oudtshoornonline.wordpress.com met ‘n paar sakemanne, van hulle nogal vooraanstaande manne, wat aan sy lippe hang.
2. Hannes, waar kan ‘n mens insae kry in die hofstukke waarna jy verwys.
Gertruida
By: Gertruida van Niekerk on Mei 7, 2009
at 3:35 nm
Ek sukkel om die kloutjie by die oor te bring. As jy so n waterdigte waak teen die beweerde swendelaar het hoekom maak jou prokureur nie afspraak met hom in die hof nie. Jy beweer dat hy nog steeds besig is om mense agter elke hoek te verneuk. As jy soveel bewyse uit jou navorsing het wat stop jou om die saak op die rol te plaas. Die mees skokkende opmerking van jou is dat die wet in eie hande geneem mag word. Jy maak jou eerder oop vir laster deur hierdie emosionele onverantwoordelike uitsprake. So terloops , toe jy jou liefling ontdek het ,het jy geweet dat hy n getroude persoon is . Sou jy ook kon beweer dat jy geen seksuele voorstelle aan ander mans gemaak het gedurende die tydperk wat jy innig verlief was op die beweerde swendelaar .
By: Linda on Augustus 12, 2009
at 8:02 vm
Beste “Linda”,
1. Ek het nie ‘n prokureur nie.
2. Ek is te lui, besig, gee nie genoeg om nie.
3. Ek het genoeg bewyse teen hom om my van laster te vrywaar.
4. Volgens hom was hy in die proses om te skei en het hy by sy ouers gewoon.
5. Voor en na die tyd, vreeslik baie – tydens, geen.
Groete
Karin.
By: Karin on Augustus 12, 2009
at 5:58 nm
Bom!
http://www.ifex.org/south_africa/2009/10/16/petrol_bomb_attack/
By: Theo on November 2, 2009
at 5:31 nm