Posted by: Karin | Oktober 5, 2007

Die Storie – Slot

My storie het nog nie ‘n slot nie, maar hier is waar hy nou gaan stilstaan het…Die koning se saak word tans van alle rigtings ondersoek deur almal wat hy skade berokken het. Baie vrae word gevra. Antwoorde is daar steeds nie. Ek self het regshulp ingeroep en is in die proses om ‘n kriminele klag teen hom te formuleer. Dit wil voorkom asof daar ook ander klagtes teen hom gaan wees, beide siviel en krimineel.

Dit het ook aan die lig gekom dat hy ‘n lang geskiedenis van bedrog het en dat ek en sy vriende nie sy eerste slagoffers was nie.

Die koning neem tans die rol in van ‘n pateet wat eerder die ander wang wil draai terwyl hy besig is om ‘n antwoord op die beskuldigings te fabriseer. Of die antwoord OOIT gaan realiseer is ‘n ander vraag…

Intussen gaan ek voort met my lewe.

Ek probeer aangaan deur al my aandag op my dogter en op my werk te fokus vir nou. Dit is al wat op die oomblik vir my saakmaak. My kind begin volgende week met haar matriek-eindeksamen en sy het my nou nodig.

mt.jpg

Gelukkig het my dogterkind heelhuids uit die ding uitgekom en is sy nie persoonlik skade berokken nie. Die verhouding tussen my en haar het in der waarheid baie verdiep en ons is nader aan mekaar as ooit tevore. Ek glo ook sy het iets geleer hieruit wat haar dalk later in haar eie lewe van nut kan wees.

Later wanneer dinge minder seer maak en ek volkome herstel het sal ek weer aan die ander dele van my lewe aandag gee.

Hierdie is nie my laaste skrywe op my blog nie, maar die storie oor my verlede is nou klaar.

My toekoms lê en wag…


Responses

  1. Jy kan nie op hou nie. Wat van die beskermengel karakter?

  2. Hallo Engela,

    My beskermengel is baie besig om geregtigheid vir my te bewerkstellig in die agtergrond. Later wanneer die doodslag toegedien is, sal ek verder daaroor berig.

    Groete
    K

  3. sien uit na die res van jou blog!

  4. Klink vir my ‘n goeie besluit. As mens te veel in die verlede wandel, sien jy nie die afdraaipaaie van jou lewe, nou, raak nie. En ‘boems’ is jy weer teen ‘n muur vas!
    Geniet die nuwe pret – dit klink opwindend.
    En waar kaas en wyn en ander kullinere heerlikhede betrokke is, kan dinge net njammies raak!

  5. Het hierdie week eers jou verhaal gelees. Ai, Karin, ek is jammer. Hoop regtig jy kry iewers ‘n goeie koning in jou lewe. Een wat jou sal goed behandel en met jou eerlik sal wees. Nie soos ekskoning H wat jou nie van die begin af vertel het hy verkies prinse bo prinsesse nie. Nie soos die gladdebek ekskoning D wat jou met niks gelos het nie.

    Van die Groot Koning (die Een wie se diens aanvanklik op Kletskerk bespreek was) se diensmeisie R.

    (Eens op ‘n tyd Retha van Kletskerk)

  6. Karin

    Koning D is baie baie bekend aan my.

    Ek is ontsettend bly jy het weer opgestaan. Ek sukkel nog.

    My lewe, vriende, alles was verwoes deur hierdie psigopaat.

    Nog steeds.

    Ek wens jou net sterkte toe.

    Groete.

    K

  7. Liewe K,

    Ons moet praat, asb.

    Kontak my asb op karinvg@mweb.co.za.

    Groete
    Karin

  8. ‘n Vriendin het deurgeloop onder presies dieselfde situasie as jy. Sy is ook nou weer baie gelukkig.

    Die man in haar storie is van haar geskei en het later vele ander vroue net so bedrieg. Hy gaan nou vir die tweede keer tronk toe en dit klink of hy alreeds almal om hom laat glo dat hy hom die keer gaan rehabiliteer. Ek glo nie hy kan nie.

    Druk nietemin deur met enige regsake.


Leave a response

Your response:

Kategorië