Karin, ongeredigeerd

Die Storie – Hoofstuk 9

Koningin K het mettertyd besef sy klou vas aan iets wat sy reeds verloor het; iets wat sy nooit gehad het nie. Sy het stadig tot die besef gekom dat haar verhouding met Koning D heeltemal eensydig was. In praktyk het alles van haar kant af gekom, niks van syne nie. Al wat hy ooit vir haar gegee het was woorde en lee beloftes.

Sy wou nie die werklikheid in die oe staar nie, sy wou nie aan haarself of die wêreld erken dat sy iemand toegelaat het om haar van alles te stroop nie. Haar selfrespek, haar liefde, haar vertroue in mense en haar finansieele vryheid.

Sy het haarself heeltemal in hom verloor.

En sy was skaam.

Die wêreldwyse, sterk en slim vrou, het haar vasgeloop. Die vernedering was eenvoudig te veel en sy het haar van die wêreld afgesonder.

Dit was ‘n donker tyd.

ss26016.jpg

‘n Klets-Vriendin uit ‘n ver land het vir haar kom kuier. Hulle het saam gehuil; Vriendin oor haar eie seer en Koningin K oor haar verlies. Dit het getroos, maar niks verander nie.

Die donkerste dag van almal, was die 17 Augustus, haar 40ste verjaarsdag. Haar troudag.

Familie het van ver af kom kuier. Lank voor die tyd gereel dat hulle haar vreugdevolle verjaar-en troudag by haar sal wees.

Maar daar was nie ‘n troue nie. Net vernedering, ongevoelige opmerkings, verwyte en hartseer. Sy het daardie nag haar kamerdeur agter haar gesluit en al die klere en goedjies wat hy agtergelaat het in hulle klerekas, finaal weggepak. Sy het daardie nag ook finaal haar liefde vir hom weggepak. Sy moes veg om haar selfbehoud.

Maar… daar was ook blomme. ‘n Pragtige bos wit verrassings-blomme om haar te troos. En daar was vriende.

blom.jpg

En toe begin sy praat. 

Daar was eensklaps omgee en ondersteuning uit die mees onverwagte oorde. Koningin K het besef dat mens nie jou familie kan kies nie, maar dat sy wel daarin geslaag het om reg te kies toe sy haar vriendskappe gesmee het.

Hoe meer sy gepraat en vertel het, hoe meer wou sy praat en vertel. Die aanvanklike skaamte en die vernedering wat daarmee gepaard gegaan het, het spoedig verflou in die lig van die liefde en onderskraging van haar vriende.

Sy was eensklaps ook nie meer alleen in haar soeke na geregtigheid nie. Soos sy haar verhaal begin vertel het, het daar ook ander individue na vore gekom wat deur Koning D bedrieg en verblind is. Ander mense, meestal sy vriende, wat ook onder sy meedoenlose en gewetenlose swendelary deurgeloop het.

Sy het nie meer soos ‘n dom idioot gevoel nie. Mense vir wie sy baie respek het en wat sy voorheen baie slimmer en sterker as haarself geag het, het ook deurgeloop onder die briljante, vlymskerp brein en oorredingsvermoe van haar Koning D.

Die begin van die einde was in sig…

Comments on: "Die Storie – Hoofstuk 9" (3)

  1. Listen to the wind
    Crying it’s lonely heart songs,
    As I cry for you.

  2. Karin besef jy dat jy met ‘n persoon wat 90% psigopatiese eienskappe besit deurmekaar was….Ag jouself gelukkig dat jy op ‘n manier heelhuids aan die anderkant uitgekom het.

    Sterkte.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.