Posted by: Karin | January 12, 2009

Ek het haar verloor…

Ek is nie iemand wat maklik huil wanneer ek na ‘n fliek kyk of ‘n boek lees nie.

Ons het verlede week die fliek Mama Mia op DVD uitgeneem.

En ek het gehuil. Gehuil soos ek lanklaas gehuil het. Tydens die fliek moes ek opstaan en badkamer toe gaan sodat die ander nie kon sien hoe die snot en trane loop nie. Dit het my maklik 10 minute gevat voor die trane opgehou loop het en ek my gesig kon was en weer by die ander kon aansluit om die fliek klaar te kyk.

Die rede?

Die ma in die fliek help die dogter om aan te trek vir haar troue. En hulle sing oor die dogtertjie wat grootgeword het (Ek kan nie die song se naam onthou nie).

f102357little-girl

En toe breek my hart. Want my baba dogtertjie is groot. My langbeen skoolkind is groot. Sy is weg. Sy leef haar eie lewe in haar eie blyplek met haar eie dinge. Ek is nie meer deel daarvan nie.

Ek sien haar min. Heeltemal te min.

Ek verlang my my dood na my klein dogtertjie.

Daar is nou ‘n jong vrou in haar plek.

tali

Ek het my baba verloor… ek het my kind verloor… ek het my hart verloor.

Posted by: Karin | January 7, 2009

Gedwonge Stilte danksy Inbraak

Ek was stil. Ek was lanklaas hier. Toe ek laas nog hier geskryf het, was dit op my eie rekenaar. Nou is dit op ‘n geleende ene.

Ek het deel geword van die statistieke. Hulle, (ek weet nie wie hulle is of waar hulle woon nie), het by ons ingebreek en my hele lewe gesteel. Alles in my kantoor gevat. Elke draad, kabel, skuifspeld, PC, printer, webcam, digitale kamera, flash drives, MTN Muiskonneksie, alles. Die plek was leeg (en vuil) toe ek hier instap.

Ek wil nie eintlik meer daaroor praat nie. Ek is al deur al die stadiums… Woede, hartseer, haat, aggressie, depressie en hulpeloosheid.

Maar dis nou verby.

Die splinternuwe jaar wag oop en leeg voor my; en ek gaan hom VOL maak! Vol lewe, vol liefde en vol vreugde.

Ons praat weer.

4f0198_hilda

Posted by: Karin | November 11, 2008

Afrika se Ma is stil…

Sy was een van my favourites en hierdie liedjie van haar een van my grootste gunstelinge:
http://www.youtube.com/watch?v=Pygqt0uwnuc
Ek en my “kinders” het dit onlangs opgevoer. Amasing hoendervleis musiek!!!

miriam_makeba_3

Lees meer hier:

http://www.dieburger.com/Stories/News/1 … 55559.aspx

Kom julle! Ek dare julle! Sit jule speakers op HARD en sing en dans saam! Net daar waar jy is!

Sat wuguga sat ju benga sat si pata pat Chor:„Pata Pata”)
Sat wuguga sat ju benga sat si pata pat …(Chor: Sat wuguga sat ju benga sat si pata pat…(Chor: „Pata
Sat wuguga sat ju benga sat si pata …(Chor: „Pata
1. Refrain
Hihi ha mama, hi-a-ma sat si pata …(Chor: „Pata
Hihi ha mama, hi-a-ma sat si pa …(Chor: „Pata Pata”)
A-hihi ha mama, hi-a-ma sat si pata pat …(Chor:
A-hihi ha mama, hi-a-ma sat si pat …(Chor: „Pata
2. Strophe
Aya sat wuguga sat ju benga sat si pata …(Chor:
A sat wuguga sat ju benga sat si pat …(Chor: „Pata)
A sat wuguga sat ju benga sat si pata …(Chor: „Pata
A sat wuguga sat ju benga sat si pata …(Chor: „Pata)
Bridge:
„Pata Pata” is the name of a dance … we do down Johannesburg way.
And everybody … starts to move … as soon as „Pata Pata” starts to play – hoo …
3. Strophe
Aya sat wuguga sat ju benga sat si pata …(Chor:
A sat wuguga sat ju benga sat si pat …(Chor: „Pata)
A sat wuguga sat ju benga sat si pata …(Chor: „Pata
A sat wuguga sat ju benga sat si pata …(Chor: „Pata
2. Refrain
Hihi ha mama, hi-a-ma sat si pata …(Chor: „Pata
Hihi ha mama, hi-a-ma sat si pat …(Chor: „Pata
A-hihi ha mama, hi-a-ma sat si pata pat …(Chor:
A-hihi ha mama, hi-a-ma sat si pat …(Chor: „Pata)
4. Strophe
Haji-a sat wuguga sat ju benga sat si pata …(Chor:
A sat wuguga sat ju benga jo-ho …(Chor: „Pata Pata”)
A sat wuguga sat ju benga sat si pata pat …(Chor:
A sat wuguga sat ju benga sat si …(Chor: „Pata)
Bridge
Hoo, every Friday and Saturday night … it’s „Pata Pata”-time.
The dance keeps going all night long … till the morning sun begins to shine – hey!
Aya sat wuguga sat – wo-ho-o …(Chor: „Pata Pata”)
5. Strophe
Aya sat wuguga sat ju benga sat si pata …(Chor:
A sat wuguga sat ju benga sat si pat …(Chor: „Pata)
A sat wuguga sat ju benga sat si pata …(Chor: „Pata
A sat wuguga sat ju benga sat si pata …(Chor: „Pata
3. Refrain
Hihi ha mama, hi-a-ma sat si pata …(Chor: „Pata
Hihi ha mama, hi-a-ma sat si pat …(Chor: „Pata
A-hihi ha mama, hi-a-ma sat si pata pat …(Chor:
A-hihi ha mama, hi-a-ma sat si pat …(Chor: „Pata
6. Strophe
Huh- a sat wuguga sat – hit it! …(Chor: „Pata Pata”)
Aah- sat wuguga sat – aim not si – hit it! …(Chor: „
A sat wuguga sat ju benga sat si pata …(Chor: „Pata Pata

K

Posted by: Karin | November 11, 2008

Bone reik na die sterre, terwyl tamaties stoel…

Ek was lanklaas hier. Ek is heeltemal te besig om in my Groentelaanblok rond te skoffel – behalwe natuurlik vir die daaglikse natgooi.

My besigwees het egter geen indruk op die bottende sterre van Groentelaan gemaak nie. Hulle beur voor en reik na die sterre… veral die bone!

bone

Ek moes die naweek ‘n plan prakseer om die bone van die grond af te lig en hulle te ondersteun in hul soeke na lig. Hulle het pap op die grond rondgele en amper begin sleg word. Maar nou het hulle die ondersteuning wat hulle verdien en kan hulle die hoogtes bereik waarvoor hulle bestem is.

Die tamaties het ook nie op hulle laat wag nie want toe hulle sien hoe pap die bone rondle, toe wil hulle ook voel of dit lekker is op die grond. Ek moes inderhaas hulle weer van die grond af ophelp met ondersteunende stokke. Toe ek hulle weer paraat en regop het, toe sien ek wat hulle onder hul blare vir my weggesteek het…

tamaties

Wanneer ‘n mens elke dag die plantjies natgooi, dan sien mens nie juis die vordering nie. Jy besef die goed groei, maar die werklike vordering het ek nou eers gesien toe ek die volgende foto saamgestel het… Wow! Dis heel verstommed om te sien…

11-nov-ba

Ek meen ek sal binne die volgende week of twee spinasie kan oes. Ek sal julle laat weet watter resep en probeer het. Ek kan nie wag nie!

Maar nou wonder ek… het enige een van julle toe my uitdaging aanvaar en deurgevoer? Hoe lyk julle groentetuine? Toe man! Moenie skaam wees nie! Wys!

Posted by: Karin | October 28, 2008

Groentelaan se Sterre Blom!

Dis amper twee weke na ek my saailinge uitgeplant het en daar is blomme! Op die tamaties. Is dit nie mooi nie? Elke blommetjie beteken natuurlik ‘n vruggie mettertyd. Ek kan nie wag om die eerste tamatiekiekie te sien nie…

En toe raak ek mos verveeld… want die groentetuin is mos nou klaar en al wat ek het om te doen is om die plantjies elke dag nat te gooi. Uit verveling maak ek toe die agtertuin ook mooi. Blommetjies al langs die huis af en ‘n paadjie na my groentetuin toe. Die blommebedding het ek van ou bakstene en die stuk plank wat ek oorgehad het van die groentetuin gebou.

Die ronde voetspore het ek onder die gras ontdek nadat ek die area van die agterdeur tot by die groentetuin omgedolwe het. Al wat dit my gekos het om dit mooi te maak was ure se harde arbeid, liters sweet, ses bakkies blomme van die kwekery, ‘n sak kompos en ‘n sak potting soil.

Al wat ek nou moet doen is om die honde te oortuig om op die voetspore te loop en nie op die grond langs die blombedding nie. Ek hoop om eendag gras daar te he…

En voor ek vergeet… ‘n Close-up van die spinasie.

…en ‘n voorlopige before-en-after pic.

Ons praat weer.

Posted by: Karin | October 17, 2008

Opstanding uit die Dood!!

‘n Vriendin van my het ‘n wonderlike nuwe middel ontdek! Goedkoop en baie doeltreffend.

Dit verseker opstanding uit die dood vir dit wat moeg en pap is.

Dit is ideaal vir elke Pap Papawertjie, Plat Anna en Jacob wat sy Regop verloor het. Die resultate is onrusbarend…

Vind haar www-winkel regs op my voorblad onder die Blogroll by Opstanding…

… of HIER: http://www.oepsadysie.co.za

Probeer dit gerus.

Dit sal elke oggend ‘n huppel in jou stap sit; en smaail op jou gesig plak agv jou paaldansery die vorige nag.

K ‘-)

Posted by: Karin | October 16, 2008

Groentelaan-Sterre maak hul buiging!

Es ist vollbracht.

Ek is klaar en KLAAR, gedaan, en der dagen sat!!!

Dit het ‘n bietjie langer geneem om die tuin en grond reg te kry vir plant, as wat ek aanvanklik gemeen het. Maar ek het uiteindelik gister kon plant. Die meeste klippe en wortels is uit en ek het 4 sakke Kompos en 2 sakke Potting Soil ingewerk, deurgespit en gelyk gehark. Voor ek begin plant het, het ek die hele omtrek met slak-lokaas gesprinkel en nadat ek die saailinge geplant het, nog aas gesprinkel tussen die rytjies, net om doodseker te maak.

En hier staan hulle nou – soos soldaatjies… eentjies, eentjies staan in ‘n ry, een…, twee…, drie… Oeps, raak ek amper meegevoer…

Die skerpes onder julle het seker iets agtergekom? Ja, jy’s reg! Ek het gekroek! Ek het Tamatie-, Aubergine- en Rissieplantjies gaan koop.

Ek meen ek het wragtig nie tyd om te wag tot die lui saadjies hulle koppies uitsteek nie. Hierdie is nie ‘n tuin vir skaam wees nie. Die muurblommetjies moet eerder op die saailingtafel le en wegkruip en wag, terwyl die saailinge wat sterkwaliteit het, hul buiging in my show kom maak.

Ek meen as sportspanne spelers kan koop, dan kan ek seker ook iets soortgelyks doen. Mag my span wen en elke saailing ‘n ster in eie reg word…

Sela.

Posted by: Karin | October 10, 2008

Welkom by Groentelaan…

Dit is vandag ‘n pragtige sonskyndag hier in die Kaap-in. Die son sing en die voeltjies skyn te pragtig.

En die donnerse saailinge ruk handuit! Magtig. Binne drie dae staan die goed asof hulle iets wil se…??!

En toe dink ek… die goed sal seker een of ander tyd uitgeplant wil word, siende dat hulle so afshow en groei en alles…

Toe spring ek gou in my kar en gaan haal iemand om te help. Want die ding staan so…

Aanvanklik was ek heel bereid en van plan om dit self om te spit en reg te kry vir plant. Maar, O wee! Ek het vol moed begin maar ek is eenvoudig net nie fiks genoeg nie.

Vanoggend 9 uur het ek die plastiekbedekking verwyder en die half-dooie gras staan en bekyk en ‘n bietjie gedink. Toe skraap ek moed bymekaar en begin spit. Na twee of drie omspitpogings het ek baie vinnig tou opgegooi. Dis te flippen moeilik! Die gras lyk maar so effentjies van bo-af, maar as mens eers begin spit, dan is dit net wortels waar jy kyk! Tot sowat 30 tot 40cm diep. Donner!

En dit is toe dat ek maar besluit om ‘n tuinjong te gaan haal. Al wat dit beteken is dat ek hierdie week minder sal moet rook en minder kompos sal kan gaan koop as wat ek wou. Maar dis maar OK. Die kalf was in die put en die wortels van alle kwaad moes uit!

Ek sal more-oggend gaan kompos koop en dit self inwerk. Een dag se arbeid kan ek nog bekostig, maar beslis nie twee dae s’n nie.

En dan wil ek net vir Pikkelik plegtig bedank vir die nuwe naam van my Groentetuinvervolgverhaal – GROENTELAAN.

Posted by: Karin | October 7, 2008

Fotoverhaal Modelletjies?

Wie van julle onthou nog die fotoverhale van sowat 20 en meer jaar gelede? Toe ek destyds by Perskor begin werk het, (1990), was die genre sterwend. Maar ons stoorkamers en biblioteek was tot oorlopens toe vol van die vreemde verhaaltjies se “Back Copies”. Seksie nursiekies en hulpelose meisiekiekies; en brute, wilde manne op perde en dokters met stetoskope om die nek… Ai tog…

Maar iewers moes die idee tog vasgebrand het in my brein….

Want hier is die volgende opwindende uitgawe van die lewe, (en potensieele sterwe), van my saailinge…

Die Boontjies begin een vir een versigtig kop uitsteek en sal binnekort sterk staan. Die Spinasie is klein, maar stewig. Daar is tans net 1 pietersielie plantjie – heeltemal te klein om af te neem – en die aarbeie het almal nuwe blare. Die Pelargonium het al hul ou blare verloor, maar maak nuwe groen blaartjies, wat beteken dat hulle begin wortels vorm. Die Eiervrug en die Impatients het nog geen teken van uitloer nie, maar ek hou hulle met ‘n houtoog dop!

Ek het ook die Saailingtafel na ‘n ander deel van die tuin geskuif. Baie meer beskut en waar dit net sterk oggendson kry. Ek dink die heeldag- en voldagson van die vorige plek was te veel vir hulle – die dat dit so lank gevat het om uit te loop.

Ek het Sondagmiddag ook gou Tamatiesaadjies, (in die ou koffieblikkie), gesaai. Ek het die sade self gedroog van een oggend se tamatietoebroodjie reste. Ek het die tamatie pitte en sous versigtig met kombuispapier opgedroog en die vel kombuispapier met magnete aan my yskas opgehang.  Ek het dit vir 2 weke laat droog en toe Sondag die saadjies, een vir een, versigtig met my naels van die papier afgelig en bo op die groeimedium geplaas. Ek het dit daarna goed natgemaak en met ‘n fyn lagie sand toegesif… my meelsif sal nooit weer dieselfde wees nie…

Terwyl ek hier sit en tik, probeer ek aan ‘n naam dink vir my Fotoverhaal. Tans is dit Groentetuin?, maar dis bietjie verbeeldingloos, nie waar nie? Het julle beter idees?

Posted by: Karin | October 1, 2008

… en daar was LEWE!!

Vandag is dag… uhm… ag ek weet nie. Wie tel? Maar daar is lewe!!

‘n Spinasieplant is gebore op die 1ste Oktober 2008.

Die mooiste, mooiste maand…

Posted by: Karin | September 26, 2008

Wie is lus…??

Ek wil ‘n paar van julle uitdaag om saam met my in die grond te vroetel. Sommer net. Blomme of groente, nes julle wil…

Wie sien kans?

Mnr Maru? Sonkind? Rosalind? Kyker? Wipneus? Een mielie of ‘n tamatieplant in ‘n pot is ook OK… OK??

Let the games begin…

K ‘-)

Posted by: Karin | September 26, 2008

Dag 3 – Absoluut f.. uhm… niks; en Iets?

Nou ja, soos julle kan sien is daar nog niks… Dis dag 3- 26 September, en daar is niks. Ek wonder hoe lank vat sade om te ontkiem?

Maar hier is darem al iets! Ek het vanoggend die plek afgebaken (2m x 4,5m), effens anders as wat ek vooraf gedink het; en die plek toegemaak met plastiek.

Ek het ook die hele omtrek met 2kg sout besprinkel om die bose geeste weg te hou… He he he, nee man, ek lieg! Dis om die duiiiiiizzzzzzende slakke te laat vrek! Ek weet nie waar kom die goed vandaan nie. Na dese is daar egter net ‘n klomp opgeloste slakslym te bespeur.

Ek sal nadat die gras gevrek het en ek dit alles uitgespit het, die area met regte slakvrekgoed wat mens in die winkel koop besprinkel. Net om seker te maak…

En al wat ek seker nou kan doen is wag?

Posted by: Karin | September 25, 2008

Tatta Chippie

Chippie het vanmiddag ‘n beroerte gehad.

Die ander twee honde het begin huil en hom probeer help.

Ek het hom Veearts toe geneem. Hulle het gemeen hy is op sy laaste en sy organe almal besig om in te gee. Chippie is in 1988 gebore – hy was ‘n grys ou man.

Ek en Ted moes besluit. My hart is stukkend.

Tatta liewe Diertjie, ons gaan jou mis.

Posted by: Karin | September 24, 2008

Dag 1 – Groei of vrek?

Raait – ek het vandag besluit om ‘n groentetuin te begin – met so ‘n bietjie kruie tussenin vir pret.

Vandag is dag 1 : – 24 September 2008.

Ek het 5 stegies van pelargonium gesny en geplant – kom ons kyk of hulle groei of vrek… en dan ook 5 bakkies Lazy Housewife Boontjies gesaai en 4 bakkies Fordhook Giant Spinasie.

Die stuk grond wat ek gaan bewerk is sowat 3m x 3m en is tans beslis nie geskik nie. Ek sal hard moet werk om dit reg te kry voor die plantjies gereed is om uit te plant. Ek gaan hierdie week die stuk grond vierkantig afmeet en met die 2 planke (elk 3 m lank), afbaken wat ek met ysterpaaltjies gaan regop hou.

Ek gaan ook die gras met ‘n stuk dik plastiek toemaak sodat dit kan vrek. Dit behoort binne 2 weke dood genoeg te wees om uit te spit. Wanneer ek ontslae is van die gras, gaan ek ‘n helse lot kompos en potting soil daar inwerk en dan gaan ek dit los vir ‘n week of wat om te sien of daar enige onkruid opkom.

Voor ek die plantjies uitplant, sal ek dit weer goed omspit.

Nou ja toe… dis die plan. Kom ons kyk hoe ver ek kom…

Posted by: Karin | September 4, 2008

Totsiens Ian

Totsiens Ian.

Ek sal jou altyd onthou as Annette se stil skaduwee. ‘n Regte ouwereldse gentleman.

Dit was goed om jou te ken.

Liefde

Karin

Posted by: Karin | September 2, 2008

Hallo Charlie, dis al weer ek…

Liewe Charlie,

Jy weet mos hoe meer dinge verander, hoe meer bly hulle dieselfde.

Ek het gister my werk bedank. Ek kon nie anders nie. Die skrif is aan die muur en ek was wragtig nie lus om mure te was totdat hulle die ligte afsit en die deur agter my toesluit nie.

Maar dit was lekker en ek het baie geleer. Ek het geleer van mense. Gestremde mense. En ek het geleer van liefde vir alle mense, maak nie saak wie of wat hulle is nie. My hart is seer, maar ek weet hulle sal almal OK wees. Ek is net ‘n oproep ver vir enigeen van hulle.

Ek is egter OK. Die deure gaan oral om my oop en my dagboek is reeds vol.

Ek het laaskeer vergeet om jou te se dat Annette se Ian dood is. Ons gaan hierdie Donderdagaand vir hom groet by die Blue Peter. Kat gaan ook daar wees. Ek en sy het vrede gemaak en ‘n deernis vir mekaar ontwikkel. Dankie vir die vreemde nuwe vriendin van my…

Met my en Ted gaan dit baie goed en ons het reeds mekaar belowe van “Till death do us part”. Ek was nog nooit so lief vir iemand nie. Hy begin ook van trou praat. Ek sal jou uitnooi. Sal jy kom?

Ek mis jou erg ek ek hoop jy is gelukkig en gesond.

Liefde

Karin

Posted by: Karin | August 24, 2008

Onderste Bo-Kaap

Ek was vandag vir die eerste keer in die Bo-Kaap. Dis ‘n pragtige plek.

 

Ek weet egter nie of ander mense so sal dink nie, want die woonplekke is maar erg verwaarloos en die inwoners het duidelik nie baie geld nie. Hulle bly egter in die mooiste stad in die wereld met een van die asemrowendste uitsigte denkbaar.

Die plek is ‘n skatkis van argitektoniese juwele uit die verlede.

 

Ek het my verkyk aan die pragtige oorspronklike gietyster op sommige van die huisies.

 

 

 

Alles in ag geneem is die plek darem ook nie te vuil nie. Kinders sit sommer platboud in die ou klippad en speel of gesels en lyk heel verontwaardig as mens met jou kar wil verbykom. Volwassenes groet teensinnig en kyk mens stil agterna.

 

Mens se kar bokspring oor die vreemde hobbelrige klippad wat steeds diens doen aan moderne voertuie, eeue nadat die laaste perdekarre daaroor geskud het.

 

Dis mooi hier bo in die Kaap…

Posted by: Karin | August 21, 2008

Liewe Charlie

Ek sit siek by die huis en panic oor al die werk wat ek sal moet inhaal wanneer ek weer teruggaan werk toe.

Wanneer mens so skielik tot stilstand kom dan begin mens dink en verlang.

En ek verlang vandag na jou.

Ons het so lank laas gesels dat ek nie eers weet of dit nog goed gaan met jou en of jy gelukkig is nie. Daar het so baie water in die see geloop sedert jou branders my uitgespoel het.

Ek het jou destyds vertel van die nuwe man in my lewe. Hy is nog steeds deel van my. Ek het liefgeraak vir hom en ek glo dat ek en hy nog ‘n lang pad gaan loop. Ek en hy was albei soekend na meer; en die vlietende liefdes wat na ons onderskeie egskeidings op ons paaie gekom het, kon nie die eensaamheid en alleenwees verdryf nie. Maar nou het ons mekaar; en ons is perfekte pasmaats.

Ons lag vir dieselfde simpel grappe, ons musieksmaak stem ernstig ooreen (hy bring nou die aand uit die bloute vir ons die DK live in Paris DVD om te kyk), ons speel saans lekker saam op die internet en kyk na Winston Churchill se toesprake op Youtube. Vir ligte vermaak het ons nou die aand ook na Sponge Bob Square Pants se verskillende temaliedjies geluister en histeries aan die lag gegaan.

Ek het weer iemand om te bederf en hy het iemand om na hom te luister. En ons het altwee weer iemand om lief te he, sonder enige voorgee of skanse.

Ons ry gereeld Wellington toe naweke. Vriende van hom woon daar in ‘n ou Meul wat hulle besig is om te restoureer. Die ry daarheen is altyd pret, die natuurskoon is asemrowend en die kuier daar, altyd vreemd en anders.

Ons was ook so ‘n ruk gelede na sy ander vriende in Mooreesburg om te gaan help om iemand se verjaarsdag te vier. Dit was erg pret, veral toe ons die aand gaan pub crawling doen het en ek totaal en al aan kultuurskok gely het omdat al die kroee net Afrikaanse musiek speel. En nie net sommer gewone Afrikaanse musiek nie – ek praat van Sonja Herholdt, Groep 2 en oom Ge Korsten!! Dit was die beste pret ooit!

Verder gaan dit baie goed by die werk, maar die pas is vinnig en die stress en uitdagings baie. Maar dit is steeds stukke beter as om vir myself te werk en te wonder waar die volgende geld vandaan gaan kom.

Ek is egter ook weer aan die sing – by die werk – van alle plekke! Ek rig tans die Service SETA se Weskaap koor af en ons vertrek binnekort na ‘n nasionale koorkompetisie in Durban. Ek is vol moed dat ons gaan wen. Een van my wonderlike vriende het ons ook geborg en nou het ek darem geld om musiekinstrumente te huur en te betaal vir die kostuums.

Ek het verlede Sondag verjaar. Ek is nou 41. Jy het nie onthou nie, maar ek het darem weer blomme gekry. Wittes. Twee groot bosse van ‘n dierbare vriend wat net om die hoek woon en die aand lekker saam met my ander vriende saamgekuier het tot laat.

My liefie het ons tot toegelaat om in die huis te rook! Kan jy glo! Ek mag nooit in die huis rook nie. Hy haat my rokery en het al moed opgegee om my daarvan te laat afsien. Ek meen ek is darem nie perfek nie – daar moet tog iets wees waaroor ons kan vassit – anders raak dit mos heel vervelig…

Ag nou ja… dit was lekker om weer te gesels, al weet ek nie of jy ooit meer hier lees nie. Kyk mooi na jouself en al die mense wat jy liefhet.

Tot eendag.

Liefde

Karin

Posted by: Karin | July 19, 2008

Daktuin, Buur-suurlemoene en ‘n Babahondjie

Dit is nat in die Kaap.

Die somers hier is warm en droog en mens sien nie veel groen in die natuur en in tuine wat nie aandag kry nie. As dit nie vir die berg was nie, sou sommige mense die Kaap dalk lelik genoem het in die somer.

Maar die winters is nat, die winters is groen! Alles groei en dit groei op enige plek denkbaar. Ons het tans ‘n daktuin. Dis nogal mooi. Ek het dit vinnig afgeneem voor die tuinier ons “daktuin” kom skoonmaak…

En toe dink ek, terwyl ek so vroegoggend buite rondloop en foto’s van die dak neem, ek netsowel gou kan suurlemoene steel. Ek meen dis nie regtig steel nie. Dit hang mos aan hierdie kant…

En toe ek omdraai met my een hand vol suurlemoene en die ander een vol van my kamera, toe staan my gunsteling nuwe babahondjie agter my en kyk vir my met sy pragtige bruin bokkie-ogies. Ek het klaar my hart verloor. Nie net op sy baas nie, maar ook op die ander tweetjies.

Ek is gelukkig.

Posted by: Karin | June 12, 2008

Normaal

 

Ek het so ‘n rukkie gelede vertel van die nuwe man in my lewe. Die ou ene. Die Ingilsman. Ek het onlangs tot die slotsom gekom dat ek besig is om lief te raak vir hom. Dit het my lank gevat om die besluit te maak, maar hier is ek nou; lief.

 

Ek het lank loop en vertel, aan almal wat wou luister of nie, dat ek nooit weer lief sal raak vir iemand nie; dat ek my hart veilig sal bewaar en seker sal maak dat ek  nie weer seerkry nie. Die liefde het egter ‘n manier om mens se skanse af te breek en jou weerloos te laat. Die liefde help mens om te vergeet van die pyn van die verlede. Die liefde is ‘n wonderlike, helende ervaring.

 

Die soort liefde wat ek nou ervaar is so nuut vir my. Ek is nie gewoond aan die liefde van ‘n gewone man nie.

 

Al wat ek tot dusver in my lewe ervaar het was verliefdheid as ‘n tiener, die vreemde liefde van ‘n gay man vir 20 jaar, die verneukliefde van ‘n swendelaar en tot onlangs ‘n bietjie los vryery hier en daar.

 

Vir die heel eerste keer in my lewe kry ek normale en gewone liefde van ‘n man wat my net so lief het soos ek vir hom, sonder enige skanse, geheime en voorgee.  Ons koop saam kruideniersware, ons kyk saam TV in die aande; ons speel saans saam op die internet; ons praat oor ons toekomsdrome; ons praat oor ons kinders en hul probleme; ons was saam skottelgoed; ons kook saam etes, versorg die honde, werk saam in die tuin, ons ry saam werk toe elke dag. Suburbia, normailiteit, gewoon.

 

Ek voel vir die heel eerste keer in my lewe normaal. Ek hou daarvan.

 

Ek is gelukkig.

 

Ek trek more sak en pak by hom in.

 

Totsiens Helderberg… hallo Bloubergstrand!

Posted by: Karin | May 6, 2008

Dis al amper ‘n jaar later…

Die afgelope paar dae is ek heeltemal lukraak en uit die bloute deur verskeie individue, wat mekaar van geen kant af ken nie, uitgevra oor Drewan Baird aka Nathan Bond aka Koning Dawid; die rede vir die begin van my blok.

Een wou weet of ek ooit weer van hom gehoor het; ‘n ander wou weet of ek hom nog gaan laat opskroef en wanneer; en ‘n ander wou net gesels en het my vertel van sy eie ondervinding met die bliksemse swendelaar; nóg ‘n lang en siek verhaal wat my geskok het, maar beslis nie verbaas het nie.

Dis nogal vreemd om weer aan hom te dink en te dink oor hoe dom ek was. Ek het vannaand weer my eie storie gaan lees, vir die eerste keer in ‘n lang tyd. Ek kan amper nie glo dat dit ék was wat dit alles beleef het nie. Dit voel asof ek van ‘n dom-onnoselle, blinde en breinlose vreemdeling lees.

Maar ek voel nie meer daaroor nie. Ek voel niks. Geen woede nie. Geen skaamte nie. Geen selfbejammering nie. Geen bitterheid nie. Niks. Nada.

En dit is goed.

‘n Vriend het my gedurig tydens my donkerste tyd herinner aan ‘n Engelse spreekwoord wat vertel dat mens nooit moet aksie neem wanneer emosie betrokke is nie. Emosie belemmer ‘n mens se oordeel. Revenge is best served cold.

Tydens my emosiebelaaide herstel het ek gereeld moordgedagtes gekoester en het ook twee aanbiedinge gehad van vriende wat bereid was om die man die tydelike met die ewige te laat verwissel.

Nou dat ek onobjektief daaroor dink, meen ek dit is nog steeds ‘n goeie idee. Want hy het nie opgehou nie. Hy is steeds besig om mense om elke hoek en draai te bevark en te vernietig. Hy skryf elke dag lustig voort op sy eie blok en sleur nuwe slagoffers mee met sy meesterlike manipulasie vermoë.

Na meer navorsing en inligting wat ek onlangs oor sy persoonlike verlede bekom het, het ek nou tot die slotsom gekom dat hy nie rehabiliteerbaar is nie. Dat hy ‘n gevoellose psigopaat is wat mense en instansies gebruik en manipuleer tot sy eie voordeel. Hy het geen berou nie. Hy het geen gewete nie.

Hy het nie die reg om so voort te gaan nie. Hy moet kry wat hom toekom.

Daar is heeltemal te veel mense wat deur hom vernietig en/of verneder is. Die wet is nie altyd aan die lydende party se kant nie. Die wet kan in eie hande geneem word.

Dit is tyd.

Posted by: Karin | May 5, 2008

Old Man’s Darling

My ouma het vele kere tydens my jeug vir my gesê, “My dear, it’s so much better to be an old man’s darling, than a young man’s slave.”

Ek dink deesdae gereeld aan haar woorde.

Ek is tans in ‘n verhouding met ‘n nuwe man. ‘n Oue. Dis nogal anders. Ek sukkel om gewoond te raak daaraan.

Ek is ‘n besige mens met te min tyd in die dag om by alles uit te kom. En wanneer ek ‘n oomblik van rus het, sukkel ek om stil te sit. Ek raak ongelooflik vinnig verveeld en het meestal spreekwoordelike miere in my gat. Ek vaar ‘n plek soos ‘n warrelwind binne en is altyd weer vinnig oppad na die volgende afspraak of iets wat wag. Ek praat vinnig, ek dink vinnig en ek doen vinnig!

Ek soek altyd iets om my hande of brein besig te hou; en kan soms erg skuldig voel as ek ‘n dag “afvat” tydens ‘n naweek om te lê en lees of sommer net niks te doen nie. TV kyk ek ook nie maklik nie, want dan beteken dit ek moet stilsit op my bas… en ek het mos vertel van die miere…

Maar nou is daar ‘n nuwe man in my lewe, net 9 jaar jonger as my pa. Hy is dierbaar en baie goed vir my en heel duidelik erg verlief. Alles wat ek doen is vir hom reg en goed en hy floreer onder die aandag en liefde wat hy van my af kry.

Maar hy is nie ‘n aan-die-gang-kan-nie-stilsit tipe mens nie. En hy doen gereeld niks of kyk TV vir ure aanmekaar. En wanneer hy iets doen, doen hy dit stadig, presies en perfek. Hy beplan ‘n ding ordentlik en as hy iets begin, hou hy selde op voor dit nie 100% reg en klaar is nie. Niks jaag hom nie. Hy doen dinge asof hy jare het om dit klaar te kry. ‘n Rustige kalm mens.

Hy was onlangs erg siek en ek het hom versorg. Dit het my ‘n blik op die toekoms gegee. Ek kon sien hoe hy moontlik oor 10 jaar van nou af gaan wees.

Maar hy is nou weer gesond en sy rustige, rustende dierbare self.

En dit pla my soms, want my miere kriewel en kruip sonder ophou.

Maar… dan dink ek weer aan my ouma se woorde en ek weet dat ek nooit iemand se slaaf wil wees nie en dat dit darem erg lekker is om iemand se Darling-Liefie te wees…

Posted by: Karin | April 11, 2008

Laat hy wat uitgestress is, die eerste klip gooi…

Verlede Sondag het my Poplap, haar kêrel en haar vriendinnetjie, (op besoek uit Durban), my mooi gevra of ek hulle asb Kalkbaai se omgewing sal gaan wys. Vriendin wou ook die Pikkewyne by Simonstad gaan sien, voordat sy die volgende dag moes terug huis toe.

Ek het hulle vir middagete Kalky’s toe gevat. Die plekkie is in die vissershawe en die kos goedkoop, vars en reguit uit die see. Die kinders, (is hulle nog kinders as hulle net so voor en na 20 is?), het elke oomblik geniet, hulle was honger en die kos baie! Ons het daarna vir die oulike robbe, in die hawe tussen die bote, gekyk, wat ewe windmakerig vir ons ‘n vertoning van hul swem- en duiktegnieke gelewer het.

Daarna het ons gou die pikkewyne vir die toeris in ons midde gaan wys. Ons moes net keer of sy klim oor die muur en gaan vang enetjie om huis toe te vat!

Oppad terug, maak ek skielik ‘n U-draai en sê vir die kinders ek móét gou iewers iets gaan kyk. Hulle kyk my half verbaas aan, want ek is nie iemand wat sommer op die ingewing van die oomblik U-draaie in die middel van aankomende verkeer maak nie.

Die plek (waarheen ek baie lankal na wou gaan loer) is die: http://www.scratchpatch.co.za/?ToDo=abt

Van buite lyk die plekkie heel verlate en na niks, maar as mens eers binne is, bevind jy jouself in ‘n wonderwêreld van kleur.

Klippe! Die mooiste, pragtigste klippe denkbaar, oral waar jy kyk!

En toe… een van die wonderlikste ondervindings wat ek in ‘n lang tyd gehad het. Ons is na die Scratch Patch toe. ‘n Reuse area op die perseel is kniediep gevul met die mooiste, blinkste, kleurvolste klippies! Ek het pens en pote plat tussen die klippe gaan sit en net gekyk.

Net gesit.

Net gekyk.

Dit was amazing.

‘n Gevoel van vrede het in my posgevat en ek het rustig en ontspanne geraak.

Die kinders het tussen die klippe rondgerol, nes kleuters, en klippies gesoek om saam huis-toe te vat.

Ek glo glad nie enige snert nie, maar ek het vir die eerste keer iets ondervind wat ek altyd gedink het is sommer nonsens:

Klippe maak mens rustig.

Klippe maak mens heel.

Daar IS ‘n vreemde krag in hulle verskuil…

 

Posted by: Karin | April 5, 2008

Tyd is nie te koop nie…

Ek was baie lanklaas hier op my blok. Ek en Mr Maru (en ‘n paar van ons gemeenskaplike pelle), het gisteraand oor te veel wyn, begin gesels oor ‘n paar van die ander Blokkers hier en toe begin ek weer verlang. So hier is ek weer.

Ek het deesdae ‘n probleem.

Ek het gemeen dat my nuwe werk, my oulike nuwe kar, nuwe status, nuwe liefde (jip, daar is weer ‘n spesiale iemand in my lewe), my sal gelukkig en tevrede maak. En dit het. Maar net tot op ‘n punt.

Ek het ‘n nuwe uitdaging. Ek het nie tyd nie. Niks. Nada! Alles gaan my verby.

Ek het nie ‘n oomblik om net stil te sit en te wéés nie. Ek is altyd besig; of oppad iewers heen. En almal wil iets hê. Niemand wil my uitlos nie. Nie by die werk nie; en ook nie by die huis nie.

Ek sukkel erg daarmee.

Ek het vir 7 jaar lank vir myself gewerk en my tyd was my eie. Ek kon kom en gaan soos dit my pas en kon my tyd inrig soos dit vir my gemaklik was. Nou behoort ek skielik nie meer aan myself nie. Ek is ander se eiendom.

Ek was vir baie jare lank jaloers op my sussie. Sy is ‘n suksesvolle mediese spesialis. ‘n Besige een. ‘n Welaf een. Sy het onlangs ‘n pragtige ou babatjie gehad. Sy sien nie haar poppie grootword nie. Sy het nie tyd nie.

Ek is nie meer jaloers nie.

Posted by: Karin | March 6, 2008

My pad huis toe

Soos julle reeds weet, het ek onlangs ‘n nuwe werk begin. Ek ry soggens 6 uur by die huis om teen 8 uur daar te wees. Ek het die eerste ruk my pad gevind op die N2, maar soms was die verkeer so erg dat ek eers teen 8h30 by die werk in die Suidelike voorstede opgedaag het.

Uit desperaatheid en gatvol wees vir die druk en kruipspoedverkeer op die N2 het ek besluit om die langer maar mooier roete om Valsbaai te probeer.  Deesdae is ek soms so veel as 15 minute vroeg vir werk! Dis amazing. 

Maar dis nie al wat amazing is nie…

Daar is geen manier hoe ek vir iemand kan verduidelik wat die pragtige roete waarlangs ek elke dag ry, vir my beteken nie.

Dit maak my siel skoon. Dit maak my kop en my hart skoon. Na my oggendrit is ek vol vreugde wanneer ek by die werk aankom; en saans is my tuiskoms ‘n vreugde. Van ver af sien ek die Helderberg vir my wink en kan ek my blyplekkie van ver oor die Baai sien naderkom. Die Hottentots Holland berge se arms wag wawyd oop vir my en soos ek nader kom, word ek veilig toegevou.

Baie mense dink ek is mal om so ver van die werk af te bly en almal gee my die onwelkome raad om nader te trek aan die werk. Maar hulle verstaan nie. Hulle het geen idee; en besef nie, dat ek in die mooiste plek op die aarde bly nie. Ek kan dit nie verruil vir ‘n klein en beknopte ou plekkie naby die werk nie. Tafelberg se agterkant is lelik en Muizenberg sal nooit kan kers vashou by my Helderberg nie. 

Hier is ‘n paar foto’s…

pict0734.jpg 

pict0726.jpg

pict0732.jpg

Posted by: Karin | February 12, 2008

Bls 123, sinne 6-8 (Ge-tag deur Sonkind)

Tyd vir ‘n nuwe “TAG-Speletjie”.

Lees meer daaroor hier:  

http://rosalindfranklin.wordpress.com/2008/02/11/my-naaste-boek/

En hier is myne – (Ek lees die boek om te sien of ek dalk my modus operandi moet verander…)

 Bls 123, reëls 6-8

…false feeling of intimacy it creates. It is misleading. This is why people suggest you wait a while before dropping your thong. ( We are not just trying to ruin your day, although of course…

Uit: Not Tonight Mr Right – Kate Taylor – Penguin Books 2007 

ntmr_cover_small.jpg
 Ek tag vir Rightsaidreverend, Kyker en George Maru.
Posted by: Karin | February 7, 2008

Ek voel goed!

http://www.youtube.com/watch?v=v-7FqQldJwg

Die liedjie hierbo is presies waar ek tans in my lewe is.

Ek voel GOED!!! 

happy-face.png

Ek voel goed oor alles in my lewe op die oomblik. 

Ek het ‘n nuwe werk wat my kop laat spin! Die harde werk begin Maandag, die 11de. Tans is ek net besig om te beplan en dinge in plek te kry. En dit alles doen ek op die ritme van die nuwe Michael Bublé “It’s Time” CD wat ek hierdie week aangeskaf het.

My hart is ook besig om te herstel van die groot seer wat ek onlangs beleef het. Ek het so ‘n week of wat gelede weer by ‘n internet vryplek met die naam Thunderbolt City aangesluit. Ek was al ‘n paar keer uit met oulike (en minder oulike) ouens, en kan nie voorbly met al die aandag wat ek kry nie. Dis lekker om weer spesiaal te voel en weer soos ‘n vrou te voel.

My lewe het weer rigting; en ek is dankbaar.

K ‘-)

Posted by: Karin | January 27, 2008

Voorgee is ‘n Talent…

The Great Pretender

http://www.youtube.com/watch?v=Bpzl5kr2JDM 

 Lyrics: Buck Ram
Music: Buck Ram

lost-love.jpg

Oh yes, Im the great pretender
Pretending that Im doing well
My need is such I pretend too much
Im lonely but no one can tell

Oh yes, Im the great pretender
Adrift in a world of my own
I play the game but to my real shame
You left me to dream all alone

Too real is this feeling of make believe
Too real when I feel when my heart cant conceive

Oh, yes, Im the great pretender
Just laughing and gay like a clown
I seem to be what Im not, you see
Im wearing my heart like a crown
Pretending that youre still around

Too real is this feeling of make believe
Too real when I feel when my heart can’t conceal

Oh, yes, Im the great pretender
Just laughing and gay like a clown
I seem to be what Im not, you see
Im wearing my heart like a crown
Pretending that youre still around

Posted by: Karin | January 26, 2008

Red jouself!

 ’n Goeie vriend van my het die volgende stuk geskryf en vanoggend op ons gespreksforum Kletskerk (www.kletskerk.co.za) geplaas. Ek het baie lanklaas iets met sóveel waarde en waarhede in gelees. Ek het sy toestemming om dit hier te plaas.

Die Christendom se Mislukte Soektog na Geluk by God 

window-2.jpg 

“God” se oorsprong lê in die antieke Midde-Ooste, ongeveer 14 000 jaar in die verlede. Hierdie geskiedenis van die gode is ook die geskiedenis van die mens se soeke na sin en betekenis. En niemand wat vertroud raak met hierdie eeue-lange menslike sage kan daardeur onaangeraak bly, of ooit weer in dieselfde simplistiese terme oor die plek van religie in die menslike psige dink nie.

Die moderne Christendom se vertroude rites en rituele en geestelike boeke en oordenkings en rubrieke en radioprogramme en glad-gepoleerde gesegdes oor die lewe en god en die ewigheid wat geoefend van die tong af rol moet ten diepste nog presies dieselfde behoeftes bevredig as die religie van duisende jare gelede. Dat dit meestal geskied in volslae onkunde oor die oorsprong en aard van die god(e) wat aanbid word sowel as die heilig-verklaarde boek is van minder belang. Want uiteindelik, desondanks die uiterlike vertoon wat van die teendeel moet getuig, is godsdiens en geloof ‘n suiwer egoïstiese menslike aktiwiteit in die stryd om gelukkig te kan wees. In A Short History of Myth skryf Karen Armstrong:

Aanhaling:
“Human beings fall easily into despair, and from the very beginning we invented stories that enabled us to place our lives in a larger setting, that revealed an underlying pattern, and gave us a sense that, against al the depressing and chaotic evidence to the contrary, life had meaning and value.”

En in The History of God, deur dieselfde skrywer:

Aanhaling:
“Like art, religion has been an attempt to find meaning and value in life, despite the suffering that flesh is heir to.”

Dan is daar Richard Dawkins. Hy beskryf die menslike toestand op ‘n ontstellende manier omdat dit so reëlreg in stryd is met hoe ons dit wil hé:

Aanhaling:
“In a universe of electrons and selfish genes, blind physical forces and genetic replication, some people are going to get hurt, other people are going to get lucky, and you won’t find any rhyme or reason in it, nor any justice. The universe that we observe has precisely the properties we should expect if there is, at bottom, no design, no purpose, no evil, no good, nothing but pitiless indifference.”


Meer as 150 jaar gelede skryf Arthur Schopenhauer die volgende:

Aanhaling:
“There is only one inborn erroneous notion … that we exist in order to be happy … So long as we persist in this inborn error … the world seems to us full of contradictions. For at every step, in great things and small, we are bound to experience that the world and life are certainly not arranged for the purpose of maintaining a happy existence…hence the countenances of almost all elderly persons wear the expression of … disappointment.”


“Erroneous notion”?? Hoe erg. Die onvermoeide soeke na geluk onderlê juis elke enkele menslike aktiwiteit. Die “vrede wat alle verstand te bowe gaan” is ‘n tipies-menslike versugting. Hoe ironies dat daardie veel-aangehaalde teksgedeelte vir ewig bestem is om binne die Christendom slegs ‘n onbereikbare ideaal te bly.
Christelike nirwana kan bereik word slegs deur ‘n volslae toewyding aan die God van Abraham, Izak en Jakob. Hierdie God het sedertien egter ‘n evolusie van sy eie ondergaan. In die mitiese verhale van die Judaïsme het hy direk ingegryp; soms selfs soos ‘n vertroude vriend met ** Moses vanuit die brandende bos gepraat. Sedert Galilei en Kopernikus hulle teleskope op die hemelruim gerig het is hy egter uit sy hemelse woning verdryf en verban na ‘n dimensie wat nie meer kenbaar is deur sy skepsels nie. Sy modernisering het gepaard gegaan met ‘n nuwe wasigheid en vaagheid; ‘n onbereikbaarheid, maar met behoud van sy primitiewe, antropomorfiese aard.

Steeds waak hy van ver jaloers oor die daaglikse doen en late van elk van sy volgelinge en kontroleer hy hulle gedagtes vir dogmatiese en teologiese korrektheid. Alles as voorwaarde vir die geluk waarna sy skepsels smag. Dit – die soeke na sin, vrede en geluk – bly egter ‘n selfverydelende aktiwiteit; ‘n bose kringloop waarin die * Christengelowige vir altyd vasgevang sit.

Die afgelope week moes ek weer op RSG se oordenking hoor hoedat die predikant al die mooi beloftes oor die “vrug van die geloof afsluit” met die volgende vraag: “Ag, wil u nie maar vanoggend u lewe oorgee aan die Here nie? Hom toelaat om deel te word van…” Want dít bly altyd die lot van die Christen – die probleem lê sonder uitsondering altyd by homself: hy laat God nie toe om hom gelukkig te maak nie! Altyd is daar pligsversuim; ‘n onbedoelde oortreding of vergissing.

Is dit ‘n wonder dat die fokus van die Christendom verskuif het na geluk wat eers bereik kan word in ‘n hiernamaals terwyl noodgedwonge vrede gemaak word met ‘n ewig-verydelde bestaan in die hiernoumaals?In A History of God skryf Karen Armstrong (my vetdruk):

Aanhaling:
“I wrestled with myself in prayer, trying to force my mind to encounter God, but he remained a stern taskmaster who observed my every infringement of the Rule, or tantalizingly absent. The more I read about the raptures of the saints, the more of a failure I felt. I was unhappily aware that what little religious experience I had, had somehow been manufactured by myself as I worked upon my own feelings and imagination…I never glimpsed the God described by the prophets and the mystics. Jesus Christ, about whom we talked far more than about ‘God’, seemed a purely historical figure, inextricably embedded in late antiquity.”


Watter eerlike Christen kan hom nie vereenselwig met daardie gevoel van mislukking nie? Van hom word geëis om vrede te maak met sleg en verdorwe wees ten einde goed te kan wees. Daardie ontwykende toestand van vrede en geluk kan slegs verwesenlik word deur die self te verwerp en te verneder. Eers daarná word die geluk en vrede goedgunstiglik van buite toegeken deur ‘n goedkeurende god wat plesier vind in skepsels wat hulleself genoeg na sy sin haat. Selfhaat het ‘n onlosmaaklike deel van die sentrale dogma van die (moderne) Christendom geword; ‘n “deug” waarna gestrewe word.

Daarom ook is die sondeval en die bloedige, goddelike verlossing op Golgota noodsaaklik. Hieroor sê John Spong: “Dit lei tot geweldige self-haat onder Christene, en is die vernaamste oorsaak van al die geweld en woede wat godsdienstige twiste kenmerk.”Die Boeddhistiese siening van selfverwesenliking vorm ‘n uiters interessante kontras met die Christendom. Slegs die Dharma, die waarheid oor die regte lewe, kan die mens verlos van pyn. Die gode is in hierdie soeke nie tot enige nut nie; self sit hulle ook vasgevang in die ewige siklus van geboorte en hergeboorte net soos alle ander wesens, en uiteindelik sal hulle verdwyn:

Aanhaling:
“The Buddha did not deny the gods, therefore, but believed that the ultimate Reality of nirvana was higher than the gods…Instead of relying on a god, therefore, the Buddha urged his disciples to save themselves.” (A History of God – Karen Armstrong)


Red jouself? Wat ‘n “ketterse” gedagte vir die Christen wat dink soos wat hy lewenslank afgerig is. In gister se Burger verskyn ‘n peperduur volblad-advertensie (in kleur) met slegs die volgende teks: “Waar gaan jy die ewigheid deurbring?” Met die onderskrif daarna: “Jesus Saves.” Die sentrale tema van die Christen se pad na geluk! Wat my laat dink aan die lied wat ons kleintyd moes sing:
Uit dieptes gans verlore,
van redding ver vandaan,
waar hoop se laaste spore
in wanhoop my vergaan;
uit diep van donker nagte
roep ek, o Here, hoor,
en laat my jammerklagte
tog opklim tot u oor!

* Nie net die Christengelowige nie – die mensdom as geheel. Die hartseer van die leer van die Christendom is die belofte van geluk wat wink op dié wat “reg glo”. ‘n Belofte wat nooit vervul word nie, maar waarop desondanks lewenslank gewag word. ‘n Geloof van “hoop” met ingeboude lewenslange verydeling.Hoe hartseer…

Posted by: Karin | January 10, 2008

Duane Bryers se Hilda

hilda037.jpg

Ek het al weer ‘n nuwe kunstenaar ontdek, Duane Bryers.

 http://www.toilgirls.com/hilda/gallery.html 

Ek is mal oor vintage alles. Ou geboue, ou karre, ou juwele, ou meubels en ja, ou mans ook!

So wanneer dit dan by kuns kom, hou ek baie van die Art Nuveau en Art Deco periode. Waarvan ek egter die meeste hou is die outydse Pin-Ups van die 40’s en 50’s. Die meisies is almal effe rond en die kuns is meestal heel smaakvol, al is dit soms nogal suggestief…

hilda041.jpg

Die ding staan so: Ek is dik. Nee, eintlik is ek vet, baie… Maar ek is steeds mooi vir myself – en vir sommige mans. En ewe skielik, laat vannaand, kry ek toe UITEINDELIK waarna ek al hoe lank voor soek. Pragtige séksie prentjies van ‘n mooi en dik dametjie, Hilda.

hilda047.jpg

Ek meen Mnr Bryers het darem ‘n oog vir skoonheid. Bykans die helfte van die kunswerke van Hilda het hy sonder ‘n model geskets; en met die ander verskeie modelle gebruik (wat almal effens te maer was na sy sin). Hy meen sy beste werke van Hilda is dié waar hy nié ‘n model gebruik het nie.

hilda060.jpg

 So ja! Aan al die ander dikketjies daarbuite… sién julle nou! Ons IS mooi vir sommige mans! Nie almal hou van maergat poppies nie…

K ‘-) 

Posted by: Karin | January 4, 2008

Woensdag, 2 Januarie 2008 @ 16h02

570.jpg

My liefling Charlie,

Ek kan nie glo jy is régtig weg nie 

Ek kan nie glo dit is oor en verby nie

 

Jy was my daaglikse dosis vreugde

Jy was die klop van my hart

Jou stem die musiek in my ore

Jy was die wip in my stap

Jy was die lag in my oë, die giggel op my lippe

Jy was die parmantigheid in my woorde

Jy was my asemhaal

Ek het my menswees weer gevind in jou

 

Jy was die pleister op my seer

Jy was my veiligheidsnet

Jy was my training wheels toe ek balans nodig gehad het

 

Nou is die pleister afgeruk, die net opgerol en my balans weer verlore

Die harde werklikheid staan voor my deur

 

Nou het ek niemand nie.

Niemand om my rigting aan te dui nie

Niemand om my donker nagduiwels te verdryf nie

Niemand om my te hoor lag nie

Niemand om my vreugdes te deel nie

Niemand om my suksesse te help vier nie

Niemand om vir my onoselheid te lag nie 

Niemand wat my terg en met my speel nie

 

Ek kan nie glo dis oor en verby nie

Ek kan nie glo jy is régtig weg nie

Posted by: Karin | December 30, 2007

Nog ‘n kans

19.jpg

 ’n Jaar gelede het ek geglo dat 2007 die wonderlikste jaar van my lewe gaan wees. Die jaar waarin my lewe dramaties en algeheel gaan verander; die jaar waarin al my drome gaan waarword. Ek het liefde en léwe in my toekoms sien wink. Ek het alles in my vermoë gedoen om my voorspellings te bewaarheid.

Dit was egter een móérse flop. 

Maar ek het baie geleer.

Ek meen dat die grootste les was om nie so naief te wees nie. Om nie onvoorwaardelik te vertrou nie. Om meer verantwoordelik te wees met mysélf. Om nie liefde en lus met mekaar te verwar nie. Om mysélf beter op te pas. Om mysélf te versorg en te koester. Om mysélf na waarde te ag. Om nie goedkeuring in ander se oë te soek nie.

Ek het ook geleer hoe stérk ek is. Ek het myself verbaas en verstom.

Ek het ook geleer van vriendskap. Dit is yl gesaai, maar baie kosbaar. 

Ek het ook geleer van familie. Bloed is dun en skyn-omgee aan die orde van die dag.

Ek sien uit na 2008. ‘n Nuwe jaar, ‘n nuwe begin. My lewe lê weer oop en leeg voor my. Ek gaan hom volmaak met alles wat régtig saakmaak; die kléin dingetjies wat mens uit gewoonte miskyk in ons gejaag na die groot en sogenaamde belangrike dinge, wat ten einde laaste tog géén ware vreugde bring nie.

My wens vir almal in die nuwe jaar is liefde, wysheid en vreugde in die klein dingetjies.

K ‘-)

Posted by: Karin | December 23, 2007

Om nie te glo nie

Ek het vandag die volgende geskryf, op ‘n gespreksforum oor geloofsake, in antwoord oor hoe ek my geloof verloor het: 

earthhealingelfprincessholdingearth.jpg

Ek was ook ‘n NG-Lidmaat (ek is eintlik nog steeds want ek het nie my vorige gemeente bedank toe ek Kaap toe getrek het nie). Ek het as kind al die sterretjies op my Sondagskool diploma gekry elke jaar; en na ek gekatkiseer het, Sondagskool gegee vir die klas eentjies. Op Onderwyskollege het ek die begeleiding verskaf met my kitaar vir die CSV byeenkomste; en ook die kombi kerk toe bestuur Sondae, oggend- en aanddiens.

Na ek getroud is was ek nie juis ‘n baie gereelde kerkganger nie. My skoonma en ek het nie om die selfde vuur gesit nie en sy was in dieselfde gemeente as ons. Enigiets waarby ek betrokke geraak het, het sy spoedig kom oorneem of vir my opgefok. Ek het my toe maar stadig begin onttrek van alles en net so nou en dan kerk toe gegaan. Ek was vir baie jare ‘n afwesige lidmaat, want baie van die lidmate is opperste dwisse en ek vermy uit gewoonte mense wat my hare agter op my nek laat regop staan.Maar toe raak en en die voorlaaste Ds pelle. Hy het my man gereeld kom besoek na hy ge-hijack was en in die agteropvolgende jare toe hy in en uit psigiatriese hospitale was. In die tye wat my man tuis was, het dit maar rof gegaan en die Ds was feitlik weekliks daar om te sien of ek cope met alles.In dieselfde tyd het hy genoem dat hy iemand soek om die gemeente se nuusbrief te behartig. Die uiteinde was dat ek die Redakteur van die nuusbrief geword het en metter tyd toe ook deel van die daaglikse aktiwiteite van die kerk.

Die kerk ding het my meegesleur en ek was naderhand betrokke by alles. Bybelstudie, Omgeegroep, Sangbediening, opleiding en bemagtiging van lidmate en ampsdraers, ens. ‘n Regte staatmaker.
Die kerk was my veilige hawe waar ek kon ontvlugting vind van die uitdagings wat ‘n lewe saam met ‘n manies depressiewe en onredelike geestesversteurde man aan my gestel het.

En toe kom die nuwe Ds. ‘n Dierbare en pragtige ding. Ons het dadelik gekliek en spoedig baie goeie vriende geword.

So tussendeur alles, het ek egter begin voel assof die kerk my eie persoonlike klub was. Van ‘n persoonlike verhouding tussen my en God was daar geen sprake nie. Dit was net ‘n lekker plek om uit te hang. Dit het my kuierplek geword.

Die probleem was net dat ek, soos ek die mense beter leer ken het, al hoe meer begin besef het dat die hele lot ‘n klomp skynheilige bliksems was.

Ek het nie één mens daar teegekom wat nié een of ander kak aangejaag het nie. Die een diaken was ‘n alkoholis, ‘n vroueslaner en ‘n chauvinistiese vark. Die een ou in die koor kon nie sy flippen hande tuis hou nie, die biduurtannie roep in haar vrye tyd geeste op en glo aan spoke, die een diakones het buite-egtelike verhoudings by dosyne, die kerkraadvergaderings verander in sirkusse waar die hulle vir ure verskil oor die kleur van die gordyne in die konsistorie, as een van die vrouens in ‘n groep hul gatte draai, word daar dadelik oor haar haarstyl of skoene of rok geskinder ens, ens, ens.

Maar dit daar gelaat.

In ‘n poging om tóg God te probeer ontdek, én ‘n persoonlike verhouding met Hom te bewerkstellig, het ek toe ingeskryf vir ‘n jaarkursus in eksegese en hermeneutiek. Veritas.

Dit was nogal naais en baie interessant. Maar hoe meer ek die Bybel begin bestudeer het, hoe minder het ek gekry waarna ek gesoek het. Ek het op onderwyskollege Geskiedenis as een van my hoofvakke gehad; en dit het my sterk daaraan herinner. Ek was mal daaroor, maar GOD het my steeds ontwyk. Ek kon hom nie in die Bybel kry nie. Ek kon hom nêrens vind nie. Steeds nie.

In dieselfde tyd het ek Kletskerk ontdek en begin vry met ‘n baie dinamiese en manipulerende Ds op PM. My voete was binne die bestek van weke onder my uit en ek was verlief. Dit het erg skeefgeloop – lang storie – maar daar gaan my oë toe oop en ek besef dat hy die naam van Ds nie werd is nie en dat Di ook maar dwisse kan wees. Heilig is hulle beslis nie, veral nie dié ene nie!

En toe is dit die einde van die jaar 2006. Ek raak toe verlief op ‘n ateis – ook ‘n baie lang en siek storie – en sy argumente teen die bestaan van God oortuig my toe finaal dat ek nog altyd opsoek was na iets wat nie bestaan nie.

Wie soek sal nie altyd vind nie, veral as dit waarna jy so hard en aanhoudend soek, nie bestaan nie.

Sedertdien is ek ‘n ateis, nie dat ek van die label hou nie. Ek sou sê ek glo eerder in niks. Ek wil my by Sitnie skaar en myself ook eerder ‘n fokkolis noem.

Ek is net.

Ek leef net. Ek probeer goed leef en die wêreld op my manier ‘n beter plek maak. Ek gee om vir mense. Ek veroordeel nie meer nie. In my tyd by die kerk het ek, net soos die ander, so maklik veroordeel. Die alkolis, die vroueslaner, die slet. Ek het nooit in ag geneem dat mense se optrede ‘n resultaat is van iets dieper nie. Elkeen het ‘n storie. Elkeen het ‘n rede hoekom hulle doen wat hulle doen – goed óf sleg.

Ek meen ek is nou ‘n beter mens as voorheen. Maar nie perfek nie. Nóóit perfek nie. Ek probeer net soveel harder.

K

Posted by: Karin | December 19, 2007

My ridders begin hul perde bestyg…

knights.jpg

Ek het so ‘n paar maande gelede my blog begin met één doel voor oë, om my kop en hart leeg te kry; en ook om in die proses te probeer herstel.

Ek het hart verloor op ‘n man wat my op meer as een manier misbruik het. Die verhaal het ek in die vorm van ‘n sprokie vertel.

Hier is egter ‘n baie reguit en nugter blok oor die selfde man.

http://prometheusongebonde.wordpress.com/2007/12/19/science-does-not-need-friends-like-nathan-bond/

Posted by: Karin | December 11, 2007

Jou Branders, my Sand

My liefling Charlie,

Jou woorde breek skuimend oor my

soos warm, strelende branders

Op my, binne my, om my

Ek is die sand op die strand

en jy die oneindigende breek van branders teen my

In en uit, hooggety, laaggety, jy is altyd by my.

Ek is nooit alleen nie.

Op mooiweersdae streel en koester jy my met sagte deinings

en ander tye verwoes jy my en sleur jy my mee

met jou dreunende stormagtige liefdesbranders.

my-liefling-branders.jpg 

Jy was my skoon en los oral skatte vir my op die hoogwatermerk.

 Die mensdom verstom hulle aan die juwele wat jy diep uit die see vir my bring.

Jou liefdesgawes blink in my en laat my lyf sag skitterblink

vir almal om te bewonder!

Ons hoort saam!

Saam maak ons die wêreld mooi.

Posted by: Karin | December 10, 2007

Vensters, Vissies en die Annerkant…

vensters-9-des-2007.jpg

Ek en Poplap het gister vir die dag om Valsbaai gery. Van Strand af tot by Muizenberg en toe verder Vishoek, Kalkbaai en Simonstad se kant toe.

Reg oorkant Muizenberg se pragtige (en baie besige strand) staan hierdie ou en verwaarloosde gebou. Is dit nie pragtig nie? Kyk net die stunning venters! Elkeen ‘n pragtige kunswerk. Ek wonder nogal hoe lank dit gevat het om dit te maak?

En onder links die pragtige gewel bo die deur.

Beeeeuuuutiful! 

 vissies-9-des-07.jpg

Ons het so 2 uur se kant pootuit, moeg, sat, honger en warm by Simonstad se ou hawe gestop vir middagete. Tussen die twee van ons het ons twee starters en twee poedings gehad, en natuurlik halfpad omgeruil – best of 4 worlds – sou ék sê!

Na die tyd het ons bietjie rondgedrentel en na die helder, silwerskoon water in die hawe gekyk.

Ek moes natuurlik die vissies afneem wat in die seegrasse baljaar!

annerkant-9-des-07.jpg

Dit was natuurlik ook lekker om Valsbaai se kuslyn van die anderkant af te sien. Ons is gewoond om op ‘n helder dag oor die baai te kyk en Simonstad op die horison te sien. Dit is nogal vreemd om van die anderkant af terug te kyk na die Helderberg.

Dit was ‘n lekker lui-rondloop-giggel-gesels-en-ginnegaap-dag saam met my liefie kind.

Sy het Saterdag teruggekom vol van stories en skinder van ou vriende en haar pa en die lover se eskapades… Sy is weer veilig by haar mamma… vir nou…

Posted by: Karin | November 30, 2007

‘n Ge-Tag-de Onthulling danksy Mr Maru

Ek het so gehoop ek word geskiep in hierie onthulling ding, but here goes…1. Ek was in 1987 deel van ‘n voorprogram vir…wait for it… Bles Bridges. In die Amanzimtoti Civic Hall. Ek meen ek wen loshande as dit by skande kom. Daar kan nie ‘n groter skande of kop in ‘n gat druk oomblik wees nie. But having said that – my songs het darem almal OP noot geeindig… anders as oom Bles wat in duet met my, my laaste song, met sy hand om my lyf, verbete geveg het om aan sy note vas te klou… hie hie hie!2. Ek is mal oor drop. Regte Hollandse sout drop. En ook gewone liekeriesh (hoedefok spel mens dit?) Die lang stringe wat mens by die keffie op die hoek koop. Ek sien Woolies hou dit ook aan, maar die keffie sinne is lekkerder.

3. Ek het 7 ex-honde waarvoor ek onderhoud betaal. Ek bly in die Kaap en hulle bly in Durban by hulle pappa en die lover. Ek mis hulle. Ek bel soms en vra die ex of ek met Kimi kan praat. Hy is my gunsteling liefling-engel-gogga-seuntjie en ek voel fokkol wat julle van my dink omdat ek my hond bel en huil wanneer ek met hom praat…OK??!

2-kimisu.jpg

4. Ek het baie min vriende. Amper almal wat ek tans my beste vriende noem, het ek op ‘n internet geselsforum met die naam Kletskerk – www.kletskerk.co.za - ontmoet. Sonder hulle sou ek my Kaapse-Eskapade (tot dusver) nie oorleef het nie. En die KKerk se leuse…? Ons het net meKKaar… so vreeslik waar… veral in my geval.

5. Ek het vir heel eerste keer in September hierdie jaar dagga gerook. Dis was ongefokkinlooflik. Maar dit het my ook bang gemaak vir myself en die reaksie wat dit op my gehad het. Dit was die eerste en die laaste keer. Nooit, nóóit weer nie!!!!

leaf.jpg

6. Ek het my linkerhand se pinkie gebreek in St 5 in ‘n Netbal wedstryd. Hy het skeef aangegroei. Dit lyk lelik. Nog steeds. Ek het nooit weer daarna Netbal gespeel nie. Het oorgeslaan Hokkie toe en geleer om myself baie doeltreffend met ‘n stok te beskerm.

7. Ek was vir 19 jaar lank met ‘n gay man getroud. Ek het nooit elders gekuier of oor die draad geloer nie, nóóit. Die seks was min en meestal onbevredigend. Ek is tans, en vir die heel eerste keer in my volwasse lewe, heeltemal single en is op die wonderlikste ontdekkingsreis denkbaar. Ek het die wonder van plein, gewone, wáre mans ontdek. Ek het die afgelope paar maande dinge van myself geleer; en vaardighede ontwikkel; waarvan ek jare en jare lank net koorsige drome van gehad het. Ek voel vir die eerste keer ooit soos ‘n begeerlike vrou. Ek hou daarvan.

8. Ek het ‘n fetish vir kruise. Enige kruise. Hangertjies, muurkruise, sementkruise, ysterkruise, gothic-kruise. Hoekom weet ek nie. Ek is nie ‘n Gristenis nie en neig in die angnostiese en hedonistiese rigting, maar kruise sal altyd ‘n bekoring vir my hê. Dis mooi.

cross_gothic.jpg

Ek weet nie wie om volgende te TAG nie. Ek meen almal is gedoen. Maar ek sal graag Kyker en Rev wil sien reageer.

K ‘-)

Posted by: Karin | November 27, 2007

Doellose Danse

Ek het vanoggend vroeg langs die see gaan stap. Dit was laagwater. Ek het spesiaal die kamera saamgeneem om foto’s te neem van die pragtige dag en die potblou see.

Ek het toe nie foto’s geneem van die see en die berge nie. Die skulpslakke se pragtige danspatroontjies op die nat sand was vir my mooier.

skulpspore.jpg

Posted by: Karin | November 25, 2007

Wat is fout met die mans…

… of is dit dalk ek?

Ek is weer op die stadium dat ek ‘n man in my lewe wil hê. Net ene.

kiss.jpg

Ek het die afgelope paar maande vreeslik rond en bont gevry en hier en daar so effens verlief geraak en die gevoel dan weer vinnig vaarwel geroep, want daar is altyd iets wat nie na my sin is nie. Of daar is iets van my wat nie na sy sin is nie. 

En dan is daar natuurlik die getroude mans wat hulself single lieg en die ander getroude mans wat dink dat ek nie sal omgee dat hulle getroud is nie, ja right! Dan is daar ook die geskeide mans wat nie van die emosionele bagasie van hul verlede ontslae wil raak nie. En die wewenaars wat net oor hul oorlede vrouens kan praat. En die Gristeniste wat glo dat die jirre die regte vrou op hulle pad sal bring… ai toggie!

Ek is maar effens versigtig en kieskeurig en wil nie weer deur die selfde hel gaan as voorheen waar ek my hart op die verkeerde man verloor nie.

Nou sit ek en wonder… miskien moet ek maar eerder van mans vergeet. Dalk moet ek ‘n stokperdjie kry; of ‘n goudvis; of ‘n voël; of ‘n… vrou?

Miskien moet ek ‘n Lesbetariër word… ek wonder of ek sal kán???

Posted by: Karin | November 22, 2007

Verlore

http://www.youtube.com/watch?v=7X5cZC5U6dM&feature=related

alone1.jpg

 I can’t believe it’s over
I watched the whole thing fall
And I never saw the writing that was on the wall
If I’d only knew
The days were slipping past
That the good things never last
That you were crying
Summer turned to winter
And the snow it turned to rain
And the rain turned into tears upon your face
I hardly recognized the girl you are today
And god I hope it’s not too late
It’s not too late
‘Cause you are not alone
I’m always there with you
And we’ll get lost together
Till the light comes pouring through
‘Cause when you feel like you’re done
And the darkness has won
Babe, you’re not lost
When your worlds crashing down
And you can’t bear the thought
I said, babe, you’re not lost

Life can show no mercy
It can tear your soul apart
It can make you feel like you’ve gone crazy
But you’re not
Things have seem to changed
There’s one thing that’s still the same
In my heart you have remained
And we can fly fly fly away

‘Cause you are not alone
And I am there with you
And we’ll get lost together
Till the light comes pouring through
‘Cause when you feel like you’re done
And the darkness has won
Babe, you’re not lost
When the worlds crashing down
And you can not bear to crawl
I said, baby, you’re not lost
I said, baby, you’re not lost
I said, baby, you’re not lost
I said, baby, you’re not lost

Posted by: Karin | November 21, 2007

Ek hoop haar vlerke is sterk genoeg

My babadogtertjie het vandag haar laaste matriek vraestel geskryf.

Geskiedenis. Ek kan nie glo dis alles oor en verby nie.

Sy was die dierbaarste ou dingetjie toe sy klein en in die kleuterskool was, ‘n regte klein snip wat altyd alles van alles wou weet.05_david_hinsley_signet_swan_470x347.jpg

 Sy was egter ook gereeld in die moeilikheid; ja op 5!

Menigmaal is ek van die skoolkantoor af gebel en gevra om asb so gou as moontlik skool toe te kom om die hoof of die onderwyseres te kom spreek…

Daar aangekom, het ek sommer geweet wat wag.

584646351_e2258f819a_m.jpg

Byt. Ja, sy was ‘n byter. En dié wat meestal deurgeloop het was die seuns. Sy het haar nooit laat onderkry nie en as enigeen haar afgeknou of geterg het, het sy haarself hand en tand beskerm… met ‘n gevolg van huilende seuntjies wat vir bytwonde behandel moes word in die siekeboeg. Dit het lank gevat voor sy dit afgeleer het. Om eerlik te wees… dink ek sy byt nog steeds. Haar kêrels het gereeld onverklaarbare bytmerke…!?

 whooper-swan-stretching-its-wings-on-the-water-photographic-print-c12083502.jpg

Gelukkig was sy darem nooit in die moeilikheid nadat sy “grootskool” toe is nie en het my altyd trots gemaak. Ek was nooit een van die alomteenwoordige ouers by die skool nie, en het haar stil van die agtergrond af aangemoedig om haar ding te doen.

Sy was baie aktief betrokke by sport én kultuur en het met mening deelgeneem aan elke klub en groep en sportsoort wat aangebied was. Sy was prefek in beide laer en hoërskool en ‘n ernstige hokkiespeler.

Akademies was sy baie sterk. Ek het egter nooit gepla of gehelp nie. Sy moes alles self onder die knie kry. Ek was weereens in die agtergrond om te help wanneer sy dit nodig gehad het, maar ek het haar altyd meedoënloos aangemoedig om dinge self te doen. Haar take en projekte, (toe sy kleiner was), was nooit so mooi soos die maatjies s’n nie, want hierdie mamma het geweier om te help. Ek het egter altyd seker gemaak dat sy alles tot haar beskikking het om dit self te kan doen. Later toe sy ouer word, het sy sonder uitsondering elke keer ‘n A vir haar pogings gekry. Sy kon mos self…

En nou?

Nou is dit verby. 

Sy is besig om te pak. Sy vlieg more na haar pa toe in Durban vir vakansie en wanneer sy terugkom, begin sy dadelik werk as kelnerin om geld bymekaar te maak vir haar jaar as Au-Pair in Amerika.

Ek hoop met my hele hart haar vlerke hou en ek hoop hulle dra haar oral waar haar wildste verbeeldingsvlugte en wêreldreise haar mag neem.

swan_flying.jpg

Posted by: Karin | November 18, 2007

Kyker se kuierplek

eye_1.jpg

 

Kyker se kuierplek

 

Om te kyk deur hierdie man se oe, is ‘n belewenis. 

Posted by: Karin | November 18, 2007

Hy mag my nie ken nie

http://www.youtube.com/watch?v=4TNfixm0ZP8

alone.jpg

You give your hand to me
And then you say, “Hello.”
And I can hardly speak,
My heart is beating so.
And anyone can tell
You think you know me well.
Well, you don’t know me.
(no you don’t know me)
No you don’t know the one
Who dreams of you at night;
And longs to kiss your lips
And longs to hold you tight
to you I’m just a friend.
That’s all I’ve ever been.
Cause you don’t know me.
(no you don’t know me)
I never knew the art of making love,
Though my heart aches with love for you.
Afraid and shy, I let my chance go by.
A chance that you might love me too.
(love me too)
You give your hand to me,
And then you say, “Goodbye.”
I watched you walk away,
Beside the lucky guy
and you’ll never know
The one who loved you so.
Well, you don’t know me
 I never knew the art of making love,
Though my heart aches with love for you. )
Afraid and shy, I let my chance go by.
A chance that you might love me too.
you give your hand to me,
And then you say, “Goodbye.”
I watched you walk away,
Beside the lucky guy
Oh, you’ll never ever know
The one who loved you so.
Well, you don’t know me

Posted by: Karin | November 13, 2007

Die mooiste, mooiste, mooi…

walvis.jpg

Ek en Poplap was Sondag in Hermanus. Die baai was vol walvisse. Ons het minstens 4 pare getel en so ‘n paar singles wat daar rondbaljaar het. Die kamera se batterye was pap en ons kon nie foto’s neem nie. Sondagaand toe ek ‘n vriend, ( http://kyker.wordpress.com/ ), daarvan vertel, stuur hy my hierdie foto’s wat hy so ‘n ruk gelede geneem het by Kaappunt. Daar kan nie mooier wees nie. Dit slaan my asem weg.

dcp_2906.jpg

Posted by: Karin | November 9, 2007

Die koei hang en Pop kyk weer 7de-Laan…

“Hoe meer dinge verander, hoe meer bly alles dieselfde.”

“Verandering is so goed soos vakansie hou.”

Twee debateerbare anglisistiese cliché’s inderdaad…

Dit is twee weke later en ek en Poplap is heel gelukkig in ons nuwe plekkie. Ons het uiteindelik daarin geslaag om die TV in te stel; en my koei hang. Dit beteken, ek is nou ge-settle.

Die TV beteken niks vir my en Poplap nie. Ons het beter dinge om met ons tyd te doen. So dit is altyd een van die laaste dinge op ons lys.

Die van julle wat my en my liefde vir my koei ken, sal verstaan. Die feit dat die koei weer hang beteken in my oë, ek is tuis. Die antwoord, “Die koei hang” op my vêr familie se vraag of ek klaar uitgepak het, beteken vir hulle ek is faain en alles is reg en op hul plek.

In Durban het sy in die kombuis gehang en in Somerset-Wes, in my kantoor. Nou is sy weer terug in die kombuis. Koeie hoort mos eerder in ‘n kombuis as ‘n kantoor… sê een van my chauvinistiese pelle…

Dan is dit natuurlik groot werk om haar te hang. Sy weeg 12.5 kg, haar lyfie is van soliede hout, en haar toue… fok die toue… altyd aan die breek en koek as mens haar vervoer. ‘n Lompe ou dierasietjie inderdaad… maar ek is lief vir haar. Ek het baie deernis met haar, want volgens oudhede kenners is sy al amper 100 jaar oud. En ek respekteer ou dinge en ou dierasietjies. Ek wil hierdie naweek haar toue oorspan en al haar parte diens…

koei-hang.jpg

Posted by: Karin | November 7, 2007

Geen seks toegelaat…

Die volgende berig was in DIE BURGER van 2 November 2007

Lugdiens verbied seks op straler

Die lugdiens het bekend gemaak dat hy sy passasiers sou vra om nié in sy 12 eersteklas-suites (met dubbelbeddens) seks te hê nie.

“Al wat ons van ons klante vra, waar hulle ook in die vliegtuig is, is om standaarde te handhaaf wat nie ander klante en die bemanning affronteer nie,” het die maatskappy in ’n verklaring aan Reuters gesê.

“Niks anders geld vir klante van die Singapoer-lugdiens wat van die suites gebruik maak nie.”

Die dubbelkajuite is immers wel privaat, maar ver van klankdig en ook nie heeltemal afgesluit nie. – AFP

 

airbusbed.jpg

Haai jirre siestog sjaaim. Kan julle imagine hoe duur is daardie kaartjies en dan mag hulle nie eers die voorreg van die dubbelbed geniet nie…

K ‘-)

Posted by: Karin | November 4, 2007

Biefors en Aaftirs

Ek het klaar getrek. Alles is oor en verby. En ek en Poplap bly lekker!

Ek het voor ons ingetrek het foto’s geneem; en weer vandag. Hier is die biefors en die aaftirs:

Die gang van die voordeur af:

gang-van-voordeur-af.jpg

My kantoor:

kantoor.jpg

Die kantoor se ander kant:

kantoor-2.jpg

Sitkamer en kombuis:

sitkamer-kombuis.jpg

Eetkamer en sitkamer:

sitkamer-eetkamer.jpg

Poplap se kamer:

tallie-se-kamer.jpg

My kamer:

my-slaapkamer.jpg

En dis al…

O ja, amper vergeet ek, ek het die oorlog met Telkom gewen… my ADSL is in.

Posted by: Karin | October 27, 2007

Maar Sy Kon!

En Tamara de Lempika is my all time favourite. Ek vrek oor haar kuns. Ek vrek oor die Art Deco tydperk se meubels, geboue, juweliersware, maar meestal oor die kuns van daardie tydperk. En sy was die beste!

pop1.jpg

cuadrocc_47208.jpg

 adam_and_eve_std.jpg

Lees meer oor haar by

http://www.paloma.ca/gallery.html

http://www.upistruzak.com/classes/art/art54/project6/lempika.htm

Posted by: Karin | October 27, 2007

Ek kan nie…

Ek kan nie teken nie. Glad nie.

Wanneer ek iets vir my studente op die witbord teken, lag hulle gewoonlik so erg vir my prentjies, dat dít wat ek daardeur probeer verduidelik het, hééltemal verlore gaan.

Maar ek is is werklik mal oor kuns. Veral oor kuns met so effense retro gevoel. My smaak is weliswaar effe anders en kuns-puriste sal my dalk fronsend aankyk, maar ek het geen smaak of kultuur nie, en voel vere vir die snobs. My avatars op Kletskerk verander so gereeld soos my bui en is meestal van vintage pin-up poppies.

Ek het onlangs hierdie man ontdek. Sy naam is Will Murai. Hy is amazing!!!

grandpiano.jpg

wheelchair.jpg

 cyberfeeling.jpg

Sien meer by http://www.willmurai.com/ 

Posted by: Karin | October 23, 2007

Engalishie in Korea

marie-in-andong-maskdance-festival.jpg

My vriendin Marie het die onderstaande onlangs vir my gestuur. Sy gee Engels in Korea. Ek dink dit gaan maar swaar… sjaaim. Ek mis haar.

 I am 10 years old and you expect me to learn Engalishie.  I hear you saying something “Korea” and the “world”, but you can’t expect me to understand that if I need to explain to my Californian importers what the implications of today’s Nikkei index are, then I need a grasp of English, and a subtle one, at that. 

On Day 1 the confusion begins.  You stab yourself in the chest with your thumb and say “I”.  [Within the hour you’re going to tell me an I is something you see with… Where are your eyes lodged?]  You point to me (Did you know that in Korean culture it’s rude to point?) and say ‘you’.  I got it:  I am “you” and you are “I”.  I say it.  You say No.  You change it.  Now you are “you” and I am “I”.  A moment ago, I was “you” and you were “I.”  So, who is who if I am you and you are also you?  Next thing, we’ll both be “I”. 

As if this isn’t enough you wave your hand over us all and say “We” and in our language “we” is up.  And, you want me to learn a language that doesn’t spell as it speaks. Every time you say a word with –ough you say it differently.  There have been at least five ways so far.  Are there more?  This “l’ and “r” thing:  when you say “r” you roll it, and lately you roll your eyes as well.  Is this English? 

You say, I love you to us but when I say it back to you I ruv you you tell me No!  And then, the word “respect”.  When you say it I hear respecter, you tell me No!  The way you say it, I feel must add that extra syllable.  And the “f” – that’s just amazing!  You point out “T” for telephone, you say the word rough has an “f” ending and yet you point at F is for Fish on the flashcard, that is, flashcarder. Will you make up your minder, please? 

Quite frankly, I’ve told you that “I am fine” each day for the last three months and yet you keep asking, How are you?  When are you going to hear?  I mean, I’m not retarded.  How quickly does time go in the West if you teach me Good morning good afternoon good evening good night all in a line? Each day you tell me to repeat I am You are He is She is We are They are but you never tell me what you are, or he or they, for that matter.  

Did you know that in our language Korean the zero is pronounced won? Now I have to learn that while won is zero, one is the digit following zero.And, once again, you find the logic in that spelling. OK, it’s not your fault that our word for up sounds like your word we. It’s just that some sentences are really funny:  If up learnt what up supposed to learn, up wouldn’t find it difficult, wouldn’t up?  And this “E” thing: for us it’s a “T”;  when you say it, with bared teeth, it sounds like a toy car screeching to a halt. Anyway, it’s quite nice singing along with Westlife shown on our classroom screen. And T-shirts with English words are interesting.  In fact, you won’t see any T-shirts or caps with Korean on them.

The Americans seem like fun people, especially in their noisy movies.  So I suppose Engalishie has its uses.  Let’s get on with it. 

———————————————–

I am Jaehwy Lee.  I am 50 years old.  King Sejong Education Plaza is mine.  That is, Kidland Kindergarten and the Oh Sung Sik English Club.  I lay down the law here.  I won’t take rubbish from foreigners. 

The last lot let me down seriously, but it’s not something I’m going to mention to the new lot.  I know English.  I studied English.  I have books.  If I struggle to speak it, then that’s because it’s a crazy language (see above).  That’s not my fault.  But I hate struggling.  I can’t say things.  I can’t understand what they’re saying.  I try to smile as I struggle. 

The new lot seem tolerant enough, but it’s going to be a while before I trust them.  Before there were native speakers of English here, I had all the glory.  Now the people around me seem to wonder:  can he really speak the lingo?  I hate that. 

On top of everything, there’s the money problem.  I can’t afford to have my Korean teachers learn from the foreigners.  That’s going to erode my already eroded funds and there are fewer children coming here.  Yes, it’s enrichment, but it’s worked in the past. 

Now my righthand man, Jeong, tells me the new lot frown on my beating the children.  The hell with it.  If they can’t stand the heat, then get out of the kitchen!  No, I’d better not say that too loudly.  They might just buzz off like the last lot did. 

Then, how can I claim native speaker tuition?  They do seem dedicated and the Save the Water Project was successful I hear from my wife Aengran. They do quite well with the little ones, the times I passed through while they’re teaching.

And I make a bit out of them, by hiring them to the Elementary school and I’m getting a good report.  They don’t miss classes -  well, he was late for one when they missed their connection from a weekend in Andong, but apart from that the Elementary school’s getting its money’s worth.  And every bit helps me. 

I gave them quite a big Thanksgiving gift and they were suitably charmed.  You have to do that sort of thing with foreigners.

I don’t know what the hell they want to go and do in Japan for their holiday.  I get an uneasy feeling about it.  Will they abscond while they’re there?  They say they have a friend there:  why can’t the friend come and see them here? 

I just don’t understand that and this time it’s not an English thing.  And I don’t much care for the Japanese either.      

Older Posts »

Categories